bredenkamp.co.za


Go to content

2004

NUUS > Nuus Briewe

NUUSBRIEF NR 1/2004

1. TER INLEIDING.

Hiermee is die sewende nuusbrief waarmee die komitee hoop om uiteindelik elke Bredenkamp te bereik. Ons groet u en vertrou dat dit met u goed gaan.

Vanjaar is dit feitlik oral dat die klem val op ons gesinne en vir ons as Bredenkamps is ons gesinne en families ook kosbaar, maar juis dit bring ook 'n groot verantwoordelikheid mee - nee, eintlik is dit 'n groot voorreg, naamlik dat ons as gesinne en families 'n kultuur leef van liefde, koestering en waardering vir mekaar en dat 'n gesonde patriotisme en trots as gesinne en Bredenkamp families 'n kenmerk is.Wat 'n voorreg om vandag te leef binne die waardesteldel wat deur geslagte in 'n familie opgebou is! Watter belangrike lewensbeskouinge en lewensreëls het elkeen van ons nie ontvang van 'n oupa en ouma, vader en moeder, ouer broer en suster en ander familielede nie!

Mag al ons Bredenkamps steeds die gesins en familiebande hoog ag en heg bind want ook die bande is van die sterkste ankers in die tyd waarin ons lewe. Een van die genadegawes van ons Hemelse Vader is juis 'n ouerhuis waarin ons tot op die rype ouderdom van ouers (en grootouers) steeds liefde en geborgenheid ervaar.

Bo al, mag ons steeds onthou: As die Here die huis nie bou nie ---- ( Ps 127)

2. DIE AFRIKAANSE TAAL : EERSTE GEDOKUMENTEERDE VERWYSING.

In die boek van Hermann Giliomee, "The Afrikaner" verwys hy op bls. 215

"In 1825 M.D. Teenstra published a dialogue between a Caledon farmer, his wife and a slave to show his readers how the Cape vernacular differed from pure Dutch."

Die datum verwys na 'n tydvak van bykans 50 jaar voor S.J. du Toit se Eerste Afrikaanse Taalbeweging van 1875 tot 1890 en is die eerste verwysing na hierdie inheems gebore Afrikaanse Taal. Interessant dat M.D. Teenstra in sy reisbeskrywings volledig rapporteer hoe hy op 28 April 1825 op "de groote plaats of boerderij van BREDEKAMP" ongeveer een uur ten ooste van die Warmbron op Caledon vertoef.

Op bls. 122 tot 124 beskryf hy volledig die omvang van die boerdery, die aanbou van die nuwe woning te Roodebloemskraal, die twee watermeulens en die geskenk van 'n "fraai" robbevel asook raad vir Teenstra se gesondheidsprobleme.

Hiermee is interessante geskiedenis en ook getuienis dat teen 1825'n vorm van Afrikaans reeds die gebruikstaal van die BREDENKAMP huisgesin, slawe en bediendes op Roodebloemskraal Caledon was.

3. DIE WAAROM EN HOEKOM VAN BEWARING VAN ONS FAMILIEGESKIEDENIS EN GENEALOGIE

N. P. van Wyk Louw sê "Die hele lewe leef in ons: om onsself te ken - en om selfs intelligent nederig te wees - moet ons al die gestaltes ken wat in ons aanwesig is."

Hierdie stelling omhels vir my die hele begrip van waarmee ons tans besig is. As komplekse wesens moet ons iets weet van ons oorsprong samestelling en verlede om rigting en perspektief te behou in die toekoms.

Dit is die roeping en verantwoordelikheid van elke individu en groep om sy geskiedkundige en kulturele erfenis te bewaar vir sy nageslagte as bron van inspirasie, trots en deernis.

Dit moet egter nooit 'n idealistiese riem om die nek word nie, eerder 'n riem onder die hart en 'n vastrapplek vir die toekoms.

Ek persoonlik geniet:-

Ø Die speurwerk, spanwerk en wêreldwye netwerk van samewerking en idealisme.

Ø Die ontmoet van van-genote oor die hele spektrum van die samelewing.

Ø Die waarneming van tipiese karaktertrekke, morele en kulturele neigings en standpunte.

Ø Die wete dat die genetiese skeppingsboodskap al is dit ook hoe verdun oor vele geslagte steeds 'n gemene faktor in elke individu se samestelling is. Oordrag van invloede en morele gedragskodes is ook duidelik waarneembaar oor vele geslagte.

Ø Om te leer uit die verloop van die breër geskiedenis en die opsies wat in die verlede uitgeoefen is deur individue.

Ø Om agter die kap van die byl te kom en omstandighede in die verlede in ag te neem tydens hedendaagse beoordeling van ons voorgeslagte se optrede en die invloed daarvan op ons huidige situasie.

Ø Om waar te neem dat al hoe meer jongmense belangstel om ons fakkel verder te dra in "Geloof, Hoop, Liefde" - Vasbyt mense!

Ontstellende gebeure in die jongste verlede wys hoe waaksaam ons voortdurend moet wees om nie terug te sit en te verwag dat andere ons bewaringsaksie moet hanteer nie.

In die huidige tentoonstelling "Family Stories of South Africa" in die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria word nege families se verhaal deur foto's, artikels uitgebeeld. Insiggewend is die families o.a. die van Pres. M.T. Steyn, Dolly Rathebe, Zonkezizwa Mthethwa, Cedric Nunn, Sol Plaatjies, A.S. le Fleur ens. Die bevolkingsamestelling word persentasiegewys gehandhaaf.

Op 22 Maart 2004 het ek die voorreg om saam met Prof. Barry le Roux die Bloukrans Monument naby Ladysmith, Natal te gaan soek.
Ja, dis Erfenisdag en ons soek die terrein van die grootste enkele plaasmoord in ons Suid-Afrikaanse Geskiedenis want daar is nie meer rigtingswysers of bordjies oor nie en die omgewing is vol hutte en krale en gronderosie.

Die rigtingwysers, omheinings en geboue is weggesteel en die Marmer-relief stukkend gebreek. Gert Maritz se graf en die 1938 waspore in beton en die Marmersuil is gelukkig nog ongeskonde. Die kompleks is nou midde in 'n Zoeloe nedersetting en krale en Afrikaans en Engels is gebrekkig indien jy dit ooit kan vind.

54 vroue, 43 mans 198 kinders, 200 bediendes is in Februarie 1838 wreed vermoor en op Erfenisdag 2004 word kranse gelê op "Struggle" helde en Hector Petersen se graf in Soweto deur ons voorste politieke Partye.

3. 6 April 2004 het gekom en gegaan en nêrens is iets geskryf, uitgesaai of gebeeldsend oor die Volksplanting aan die Kaap in 1652 nie. 'n Eensame Jan van Riebeeck tuur peinsend voor hom uit aan die voet van Tafelberg.

Is ons net onnosel of het ons vergeet? Is ons afgestomp of ongevoelig? Word die feitelike Geskiedenis doodgeswyg? Hoe gaan die feitelike ewewigtige Geskiedenis later weergee en onthou word?

Ons kan die verwaarlosing van ons familie- en kultuurgeskiedenis nooit toelaat nie! Laat ons by onsself begin. Ons mosterdsaadjie sal groei en 'n groot boom word as elkeen sy plig doen in "Geloof, Hoop, Liefde.

Hennie Bredenkamp

4. BYEENKOMSTE EN BESOEKE

Ø Petrusville en Van der Kloof se Bredenkamps 5 Maart 2004 - 7 Maart 2004.

As komitee het vir 'n geruime tyd reeds besef dat Barend Godfried Bredenkamp (b8) se stamboom detail baie onvolledig is en aandag nodig het.

Gert en ek het teen einde 2003 besluit om werk te maak hiervan, veral na die Nooitgedacht - Marico besoek.

So spoor ek dan vir Anna Bredenkamp a1b8c2d10e3f1 gebore 10.06.1918 in Kerkstraat, Petrusville op. Wat 'n vonds van inligting en 'n brein wat so flink soos ons PC's familiesake kan raakvat.

So kom hulle by Anna se broer Fanie en sy vyf seuns en families op Van der Kloof uit en die kontak is bewerkstellig.

Gert en Sarie is end Desember op pad Kaap toe bevoorreg om almal daar van aangesig tot aangesig te ontmoet en reëlings te begin tref vir 'n komitee-besoek.

Saterdag 6 Maart is Gert en Sarie, Jannie en Marthie, Oom Frikkie, ek en Susan by Van der Kloof en ontmoet die familie op Lieberwaldt, Fanie se spogplaas aan die Oranjerivier net onderkant die damwal.

Hulle besoek as groep die ou plase in die omgewing onder andere Paardeberg en Beauclaire en geniet die pragtige Karoo landskap, neem foto's, besoek die begraafplase en gesels land en sand aanmekaar.

Tog jammer die eertydse spogplase met steeds pragtige opstalle wat leegstaan is nie meer in familiehande nie, maar weet nooit wat lê voor in die toekoms nie. Mag mos maar droom!

Barend Godfried (b8) het op Paardeberg geboer reeds omstreeks 1820 dit wil sê lank voor die Groot Trek. Sy laaste rusplek is nog nie bevestig nie, maar daar is ongemerkte grafte!

Terug by Fanie-hulle is die Bredenkamp-bond getrakteer soos min. Vleisbraai, gesels, kuier, rondstap in Ampie se pragtige voël-tuin op die wal van die Oranje.

Die foto's vertel alles. Die BREDENKAMP familie groei danksy Fanie en Joe se 5 seuns en die kleinspan floreer.

Oom Jannie en sy staaltjies sal nog lank bybly en al die ander verhale van die omgewing is so interessant en kleurvol as wat 'n mens jou kan indink.

Gaan mekaar beslis weer probeer sien en kontak hou. Gou sal ook nie die vriendelike hardwerkende "bakgat" klomp Brednkamps vergeet nie word nie.

Die stamboom het met so vier of vyf A4 bladsye gegroei hoofsaaklik danksy Anna, Fanie en die aangetroude dogters. Nog 'n stukkie van ons groot legkaart is in plek. Baie dankie aan almal van julle wat daar kon wees.

Die stamboom het met so vier of vyf A4 bladsye gegroei hoofsaaklik danksy Anna, Fanie en die aangetroude dogters. Nog 'n stukkie van ons groot legkaart is in plek. Baie dankie aan almal van julle wat daar kon wees.

Hennie Bredenkamp


Bredenkamp familie van Vanderkloofdam en Bredenkamp bondslede








Die plaas Beauclair in die
Noord Kaap.




Plaashuis op Paardeberg






Familie begraafplaas op Paardeberg





vlnr. Fanie Bredenkamp, Koos Bester en Hennie Bredenkamp






Ontmoet mekaar tussen Beauclaire en Paaredeberg






Begraafplaas op Petrusburg








Bredenkamp familie plaas Liberwaldt op Vanderkloofdam




Arunna - 5 Maart 2004

Gert en Sarie Bredenkamp het op pad na 'n Bredenkamp-bond besoek aan Petrusville en Van der Kloof 'n draai gaan maak op Arunna, by die familie begraafplaas waar daar nog Bredenkamp grafte gevind kan word.

Na 'n groot soektog, verduidelikings en hulp van die omgewing se mense word die plaas bereik. Die plaas Arunna het in die vroeë negetien honderds aan Andries Petrus Bredenkamp (a1b8c6d4) behoort.

Die grafte van Barend Godfried Bredenkamp (a1b8c6) se vrou, Cornelia Petronella en sy seun Andries Petrus Bredenkamp (a1b8c6d4) en die se vrou Martina Magdalena is nog in 'n baie goeie toestand en netjies toegekamp. Barend Godried (a1b8c6) is nie op Arunna begrawe nie maar op sy plaas Kadebis in Stellaland.

Gert se stelling soos volg - "met 'n gevoel van bevrediging en dankbaarheid dat ons bevoorreg was om daar te kon wees en sodoende 'n deel van die Bredenkamp geskiedenis te kon opspoor."


Arunna plaashuis met begraafplaas.






Grafte van Andries Bredenkamp en sy vrou.




GENEALOGIESE STAMBOOM PROGRAMMATUUR

Na die diefstal van die rekenaars gedurende November 2003 is albei programme naamlik Access/Excell en Family Origin teruggeplaas op nuwe rekenaars en alle data sover moontlik teruggeplaas vanaf rugsteun kopieë. Verlore data is weer bygewerk en is pas voltooi.

Alle data op Access/Excell is weereens deurgewerk en aangevul en alle moontlike inligting tot op datum is daarin vervat. Access/Excell vorm die kernprogram waarin inligting maklik vergelyk en opgesoek kan word.

Enige dupliserings en foute wat ooglopend voorgekom het is reggestel maar spelfoute en datumfoute kom nog voor.

Daar is tans 2 523 familielede vasgelê op Access waarvan 1 814 lede suksesvol in ooreenstemming gebring is met Family Origin.

Daar is tans 'n totaal van 3 285 familielede vasgelê op Family Origin maar sluit ongeveer 703 kinders in wat nie Bredenkamps is nie.

Daar is uit die Access inligting 'n verdere nuwe 44 familielede uitgeken wat in Family Origin geplaas kan word en 'n verdere 27 lede wie se besonderhede nou volledig aangepas kan word.

Daar is ook uit die Access inligting 'n verdere 709 Bredenkamps ontdek wat nie in die vorige verslae vervat is of in Family Origin geplaas kan word nie. Daar sal eers vasgestel moet word waar hierdie lede geplaas moet word - 'n taak vir die komitee.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat 'n magdom inligting eers verwerk moet word alvorens 'n betroubare verslag van die data tot op datum gedruk kan word.

Alle data kan nou vir die eerste keer gelyktydig vanaf meer as een rekenaar bygewerk word. Alle inligting sal in die volgende paar weke verwerk word en 'n gesamentlike werksessie word beplan teen die einde van Mei 2004 om die huidige inligting sover moontlik te verwerk waarna besluit sal moet word wat byvoorbeeld met 'n familielid moet gebeur waarvan ons sy besonderhede het maar nie weet waar hy/sy inpas in die stamboom nie.

Daar word tans gepoog om die jongste kieserslyste van net die Bredenkamps te bekom om 'n verdere hupstoot aan hierdie noodsaaklike verwerking van die inligting te gee.

Indien nodig sal vraelyste aan familielede gepos word om van hierdie inligting te bekom.

Alles in ag genome kan die eerste inligting vir nasiendoeleindes vroeg in Junie 2004 beskikbaar gestel word en kan 'n realistiese datum van waarskynlik 1 Oktober 2004 steeds as datum vir die eerste beskikbare databasis gebruik word.

Wynand Bredenkamp

(Naskrif: 'n opregte en hartlike dankie aan Wynand en Jo-Anne wat 'n groot taak op hom geneem het en reeds kosbare werk gedoen het.) Pieter Bredenkamp.

VEELSGELUK AAN ONS BREDENKAMPS EN AFSTAMMELINGE.

Bredenkamps in die kollig

Mount Everest

Andre Bredenkamp, is een van drie Suid Afrikaners wat permitte gekry het om Mount Everest te klim vir 2004. Hulle het hul basis kamp tussen die wolke opgerig om te akklimatiseer. Vanaf 15 - 30 Mei 2004 sal hulle die noorde begin uit klim, dit hang baie vandie weer af. André is in 2003 aangewys as "Chief Scout Commissioner"

Die volgende is uittreksel is van "EverestNews.com" Summit Climb Everest 2004 Dispatch 10 5/21/2004: Dear EverestNews.com Thanks for all of the great work you are doing in telling the story of climbing Everest. I Here are the dates, names, and local origins of the summiters in our two succesful SummitClimb.com teams (so far, as we plan to continue trying):

18 May, 2004: Thomas Haines, Colorado, USA. Ryan Waters, Georgia, USA. Franck Pitula, Lyon, France. John Mislow, Chicago, USA. Lakpa Temba Sherpa, Kulima, Nepal. Nurbu Tsipe, Tashi Tsom, Tibet Dorje Kasang, Old Tingri, Tibet

20 May, 2004 Andre Bredenkamp, Capetown, South Africa. Lakpa Chiri Sherpa, Kulima, Nepal.

The last few days have been filled with many challenges and achievements. After a number of days of patient waiting at 6400m, a group of us made an all-out summit sprint to take advantage of a brief weather window. The team departed at 0130h on May 18 brisk winds, pitch black, and nothing but our headlamps to guide our way up from 8300m to the Yellow Band. Daniel Mazur stayed in the high camp to help the team on their way and coordinate the crucial Tibetan part of the team. After negotiating the slick limestone of the Yellow Band, we gained the summit ridge after the first step. The Ridge is very exposed with cornices dropping off 3000m to the left and 2000m on the right. Not a good time to slip, and especially challenging since we were wearing crampons (skittering across icy limestone in utter darkness is a very sobering experience).

Onward we pushed, up to the mildly technical but quickly overcome second step. After picking our lines carefully, we were standing on the top of the second step and trotting quickly towards the third step. A few hours later we (John, Lakpa Temba Sherpa, Frank, Ryan, Thomas) were standing on top of the highest peak in the world; great views, exhaustion, and elation. Nurbu Tsipe and Dorje Kasang followed a few hours later. A quick stay at the top and we were ready to descend. As we downclimbed the summit pyramid dihedral, we ran into a number of climbers that were still making their way up to the summit.

We found out later that these climbers were members of the unfortunate Korean team that tragically lost two of their members that day. Our deepest sympathies go out to the fallen climbers' loved ones. Soon after we descended to safety at the North Col and ABC we were informed of another loss; a Japanese climber. It is a sobering reminder of how ruthless the mountain can be. The second wave of climbers was not as fortunate with the weather as the first - gale force winds, whiteout conditions, subzero temperatures, and hostile surface conditions conspired to make further attempts highly difficult and hazardous.

However, despite fierce weather, our Andre Bredenkamp from South Africa became the first South African male to summit from the North Face. Braving untoward conditions with the help of Lakpa Chiri Sherpa, Andre has made it into the record books - and is currently making his way down to ABC safely. Hats off to you! The final summit assault teams are planning on making their attack at the earliest sign of fair weather, perhaps in the next day' or two. Oxygen and other essentials are moving into place and we send our very best wishes for a safe successful summit bid. Thank You Very Much, Cheers, Yours Sincerely, from John Mislow, Thomas Haines, Duane Morrison, and all of us at SummitClimb.com "






Cape Town adventurers Chris Drummond, Mike Nixon and Andre Bredenkamp, who attempted to climb Mount Everest. (Simone Scholtz, Die Burger)

Perdesport

Die 14 jarige Suzaan Oosthuizen (a1b3c2d8e4f7g1h2i1) is 'n kranige ruiter en doen baie goed met haar kompetisies. (Susan is 'n kleindogter van Hennie en Susan Bredenkamp (a1b3c2d8e4f7g1)


Suzaan Oosthuizen

Kiteboarding

Hennie Bredenkamp (a1b3c2d8e4f7g1h1) - All time best kite speed
Rank Nat Name Last name Nds Km/h Spot - Rank 32 - za Hennie Bredenkamp 34,82 64,49 Walvis Bay 03

Sjoukje Bredenkamp (a1b3c2d8e4f7g1h1i1) - 15 years - Women & Junior African record 27.32 knots - Rank 4 - za Sjoukje Bredenkamp 27,32 50,60 Walvis Bay 03




Hennie Bredenkamp


Sjoukje Bredenkamp

Rock climbing and running


Riaan Bredenkamp - Hobbies and Interests: Mountaineering and Rock Climbing and have been running for 5 years. - The Augrabies Extreme Marathon 2002 and Climbing some of the 8000m peaks.


The results of the Four Wheel Drive Club of Southern Africa Nissan Jamboree 2003 were as follows:-

- Ladies Winners - Class A - Chrissie Bredenkamp

- All the 2004 Junior Showtime Awards nominations.

- Happy Ever After Land, presented by Stageworld Theatre School: Performance: Du Toit Bredenkamp and others who have merited nominations in the 2004 Junior Awards programme.

Fotografie

- Marthie Bredenkamp het met haar foto "Out of Africa" die "Amateur Silver Award" in gewen onder die afdeling "others" in Amerika 2004 en haar klub foto's doen ook baie goed.


Out of Africa


Pink Lady

1. SO HET HULLE DIT BELEEF.

Ø Ons wil graag 'n besondere dankie sê aan Hennie. Gert en jul vrouens, Jannie, Marthie en Oom Frikkie vir jul besoek aan ons Bredenkamps op Liberwalt Saterdag 6 Maart 2004.

Buiten al die interessante inligting was dit vir ons so waardevol. Met jul groot soek tog en al jul navorsing het jul ons deel daarvan gemaak en dit word opreg waardeer! Voorwaar jul entoesiasme en ywer was vir ons a;mal 'n "oogoopmaker" om nou al bymekaar te maak vir ons nageslag.

Mag die Here jul seën in jul waardevolle bydrae tot die Bredenkamp-kultuur geskiedenis. Bredenkamp - groet. Liberwalt Vanderkloofdam. Liza Bredenkamp.

Ø 5 April 2002. Ek is so bly dat ons ontmoet het. Hoe gaan dit daar. Ons het heerlike reën gehad verlede Dinsdag. Ek wil julle net baie dankie sê vir al jul moeite, tyd wat julle bestee aan die stamboom, so baie het al probeer, maar dan stop dit weer. En nogmaals dankie vir alles wat julle doen vir die familie.

My beste groete en alle sukses. Anna Bredenkamp. Petrusville

Ø Hello,

Thank you for your messages and the link to the Bredenkamp (South Africa) website. I am originally from South Africa and my family. Still resides there. You may want to contact them because some of the names on your website seem familiar and interconnected. My father does speak Afrikaans, so there would be no difficulty in talking to him.

The interesting parts are as follows. My Father is James Milne Bredenkamp Same names as (a1b3c2d2e1f4) on the abbreviated family tree. If this is of use to you, please let me know. Additionally, if you have more information than this (which I could not find on your website, I would appreciate it if you could send it to me.

My grandfather, Michael Bredenkamp. had 6 children - two Boys, James Milne and Wessels, as well as 4 daughters. Lenie, Nellie, Stella and Carine. All in the extended family is now more than 72 people and they gather every two years somewhere in South Africa.

I have another question. It seems you have designed a heraldic emblem for the Bredenkamp family. Is it only applicable to those Bredenkamps of Afrikaans descent? if not, might it not be prudent to write the motto in either German (root language) or Latin so that it is universally applicable to all Bredenkamps worldwide? Regards, Mike Bredenkamp

Ø Van: navors: Roets. Gelukwensen mooi site, zeer goed om te lezen, soytig geen naamgenoot te vinden, Maar toch intresant. Jopep Cosyn. Belgie

Ø Is tans in Engeland. Vind die webblad baie interresant en sal graag meer wil uitvind as ek terug is in Suid Afrika. . Martin Bredenkamp

Ø Mooi website. Ek is eintlik op soek na Coetzees. Ons voorouers het mooi saam gesorg vir 'n nageslag. Waar kom die eerste Coetzees vandaan? Help. Sybrand Coetzee.

Ø Baie dankie vir al die moeite wat julle doen. Sarel Bredenkamp

2. LAAT WEET ASB!!

Bredenkamp babas wat gebore word; Bredenkamp troues; spesiale verjaarsdae; spesiale bevorderings; wanneer enige Bredenkamp in die kollig kom; enige voorstelle of kritiek teenoor die familiebond; ag sommer enigiets wat dalk van belang kan wees. Vertel ons van u familiebesonderhede sodat ons die stamboom kan aanvul en tot by die jongste aankomelinge kan opdateer.

Daar word ook gesoek na 'n persoon of persone om ons nuusbriewe te vertaal in Engels en Duits.

U kan Marthie Bredenkamp kontak by: E-pos: bredenm@intekom.co.za Posbus: Knysnalaan 282, Sinoville, Pretoria, 0182. Telefoon/Faks: (012) 543 -0860

Alle donasies, hoe klein ookal, baie welkom is, is dit donasies van hierdie aard wat die Familiebond werklik finasieel gesond hou. - die komitee het uitgawes wat die huidiige fonds dreineer - soos bv. vir navorsing doeleindes, die druk en verspreiding van die nuusbrief en vir die projek, bewaringaksies van begraafplase. Die rekeningbesonderhede is soos volg: Bredenkamp Familiebond, ABSA Bank, Tak Sunnyside Aktiewe Spaarplan, Rekening Nr: 90-7187-3122

Om dit alles te vermag, het ons egter die ondersteuning van alle Bredenkamps nodig. Hoe meer lede ons het, hoe makliker is dit om ons verpligtings na te kom.. Ons sou graag wou gesien het dat lidmaatskap gratis moes wees, dog in hierdie duur tye waarin ons lewe, is dit nie moontlik nie. Net die administrasie van die familiebond - briewe, seëls, koeverte, die nuusbrief, ensovoorts - verg groot bedrae geld

2003 UITSLAE/ RESULTS

Ø Geluk aan ons Bredenkamp en Bredekamp jong mense met hulle prestasies. / Congratulations with your results.

Tyler Bredenkamp - Ist Year BSc. Chemistry with Financial Orientation - 5 Distinctions - RAU

Davlyn Bredenkamp - Ist Year BA Corp Communications - RAU

Cobus (GJ) Bredenkamp - LLB Universiteit Pretoria

De Vos Malan High School, King William's Town - Franklin Bredekamp

Burgersdorp High School - Bernard Bredenkamp (M)

Andrew Rabie High School, Port Elizabeth - Anzel Bredenkamp (D)

Kemptonpark - (a1b3c2d2e1f4g2h1i3) - Anzelle Marisse Bredenkamp (V)

Laat ons asb weet volgende jaar sodat ons dit kan deel met ander en ons gelukwense kan deugee. / Please let us know next year so that we may share it with everybody and to congratulate them with there results.

Marthie Bredenkamp

AFSTERWE VAN BREDENKAMPS

Ons meegevoel aan Bredenkamps met afsterwe van hulle familielede.

Ø Johanna Lourensina (Louwie) (a1b8c6d2e3f7) * Pretoria 8.1.1922 † 13.4.2003.

NUUS VAN ONS OORSESE NAAMGENOTE.


To the family of Cynthia M. Bredenkamp, 44 who was last seen in her Orlando, Florida residence on November 1, 2001. She was identified in October 2003 as being a body that was found in Florida which was unidentified for some time.



BREDENKAMP VERJAARSDAE, HUWELIKE EN BABAS

Van die kant van die Familiebond wil ons graag vir u van harte gelukwens.

Ø Hester Bredenkamp met haar 95 ste verjaarsdag op Sondag 25.4.2004 van die aftree oord Jan Vorster Postmasburg.

Ø Aan die vrou van Dutlief Christiaan Bredenkamp(a1b3c2d5e2f2), Susanna Gerbrecht (Susan)VILJOEN van Kemptonpark met haar 90 ste verjaarsdag op 14.3.2004.

Ø Geluk Frank Walden Bredenkamp (a1b3c2d8e3f1g1) met sy 80 ste verjaardag op 17 Maart 2004.

Ø Johannes Jacobus Bredenkamp (a1b3c2d2e1f3g2) met sy 84 ste verjaarsdag op 4.4.2004.

Ø James Milne Bredenkamp (a1b3c2d4e5f1g2) met sy 84 ste verjaarsdag op 5.4.2004.

Ø Die vrou van Gerrit Milne Bredenkmap (a1b3c2d2e1f3g2h1), Erica Bredenkamp met haar vejaarsdag op 12.5.2004

Ø Eggenoot van Anna Bredenkamp(a1b3c1d1e3f7g3), Pieter Francois de Wet met sy 84 ste verjaarsdag op 11.1.2004.

Ø Die seun van Maria Elizabeth (Ria) Bredenkamp (a1b8c6d2e5f5g2), Heinz Gerhard Hauck (a1b8c6d2e5f5g2h1) en Charlene wat getroud is in Vanderbijlpark op 31.5.2003

Ø Die dogter van Maria Elizabeth (Ria) Bredenkamp (a1b8c6d2e5f5g2), Karien Hauck (a1b8c6d2e5f5g2h2) en Albrecht Christiaan Fischer wat getroud is in Vanderbijlpark op 22.2.2003

Ø Veelsgeluk aan Jan Daniel Bredenkamp (Jannie) (a1b3c2d4e8f2g2h1) en Theresa Anne (Tessa) Opperman, woonagtig in Australie, Gold Coast met die geboorte van hulle dogter in Januarie 2004.

BREDENKAMP REUNIE ORYX EKO PARK 5 JUNIE 2004

Ø Bredenkamp Reünie 5 Junie 2004 en Oom Frikkie Bredenkamp se 90ste verjaarsdag.

Die reëlingskomitee van die Bredenkamp Familiebond beplan 'n familie byeenkoms vir alle Bredenkamps. Bredekamps en afstammelinge van Johannes Christoffel BREDENKAMP (1739 - 1801) op 5 Junie 2004 om 9h30 by Oryx Eko Park net oos van Pretoria.

Dit sal die vorm van 'n bring en braai wees. Pap, sous, vure, kookwater sal voorsien word. Bring eie eetgerei, stoele, komberse om op te sit, kos en drinkgoed saam. Graag sal ons al die bekende gesigte daar wil sien want julle het al naby familie geword en ook sal ons nuwe gesigte verwelkom want ons wil julle almal leer ken.

Die dag word ook 'n eerbetoon vir Oom Frikkie Bredenkamp gereël wat 90 jaar oud word. Ons vra ons Bredenkamps om die belangrike dag met ons te deel. Kom ons maak dit vir hom onvergeetlik en daag op by die hordes.

Daar gaan "Bredenkamp Wors" te koop wees van die ou Bredenkamp familie-resepte wat ons ontdek het en wat te koop sal wees by die braai. Daar gaan 'n regte veiling gehou word. As julle eie iets van waarde het en wil van dit ontslae wil raak, skenk dit asb aan die Bredenkamp Bond vir ons fondse, ons sal dit daardie dag opveil. Daar gaan ook items wees om te koop waarop ons Bondswapen op gegraveer is. Ook gaan ons 'n looting reël op 'n bottel wyn en 2 wynglase in 'n mooi verpakking wat met ons Bondswapen gegraveer is. Die fondse wil ons gebruik om ou familie begraafplase te bewaar vir verdere navorsing en die finale samestelling van ons Familie Kronieke en Stamboom.

Ons hoede met die Bredenkamp Bonds wapen op sal ook beskikbaar wees die dag.

Kom geniet die dag saam met ons, word 'n Bondslid as jy nog nie een is nie en help saam om ons historiese erfenis te bewaar!

Ø Bredenkamp Reunion - 5 June 2004 and the 90th birthday of Frikkie Bredenkamp.

The Management Comittee of the Bredenkamp Familiebond is arranging a family reunion on the 5 June 2004 at 9h30 just east of Pretoria at Oryx Eko Park. All above surnames and descendants of Johannes Christoffel BREDENKAMP are welcome. We would love to see the old faces because we are already like close family and would like to meet the new ones.

This is also a day we going to honor Frikkie on his 90th birthday. Please let us make this for him an unforgettable day and turn up by the dozens.

It will be a " bring and braai". Pap, sauce, fire and hot water will be provided. Bring your own cutlery, chairs, blanket, food and drinks for the day. We found an old boerewors recipe of the Bredenkamp family that was in use for years in the family. We will be selling this tried and tested wors at the braai. If you have something of value and want to do away with it, please bring it with to donate to the Bredenkamp auction that we are going to have that day. We will have items with the Bredenkamp Bond shield engraved, on it that you could buy. There will be a bottle of wine with two wine glasses with the Bond shield engraved, that we will raffle. All the money will go to the Bredenkamp Bond graveyards maintenance, further research and the compilation of our Family Chronicles and Family Tree. Join us for an exceptional experience, become a member if you have not already done so and assist us to preserve our historical heritage.

Our hats with the Bredenkamps Bond shield on will also be availble that day.

Marthie Bredenkamp, 27 12 543 0860, Sel. 0825567101. E-Pos bredenm@intekom.co.za

Hennie Bredenkamp - 011 701 3420 (H) Gert en Sarie Bredenkamp - 011 673 1542 (H)

Wynand Bredenkamp - 011 908 3813 (W) Elize Pieterse - 012 376 2994 (H)

Pieter Bredenkamp - 012 547 4202 (H)

Ø Padaanwysings / Road Map - Oryk Eco Park - Pretoria. -:

On the N1 Highway from the South take the Atterbury off ramp and turn right and go over the highway, stay on the right lane, pass the Menlyn Centre on your right. At the robots just after the Menlyn centre is Lois ave, turn right in to Lois, keep in the left lane till you get Garsfonteinweg, on the card you will see it says Menlyn drive but the name changed to Garsfonteinweg, turn left into Garsfonteinweg. Keep straight on this road and you will pass the Pretoria East Hospital on your right, further on you will get Woodhill and Mooikloof on your left. Pass that until you get the sign Oryx Eko Park on your left hand. You will see the Bredenkamp Banner; follow the road signs to the "Bredenkamp Saaamkuierdag".

10 km from the robot at Lois after you turn left into Garsfonteinweg. 5 km from Pretoria East Hospital. +- 1.5 to 2 km after Mooikloof

On the N1 Highway from the North take the Atterbury off ramp and turn left in to Atterbury road go over to the right lane, pass the Menlyn Centre on your right. At the robots just after the Menlyn centre is Lois ave, turn right in to Lois, keep in the left lane till you get Garsfonteinweg, on the card you will see it says Menlyn drive but the name changed to Garsfonteinweg, turn left into Garsfonteinweg. Keep straight on this road and you will pass the Pretoria East Hospital on your right, further on you will get Woodhill and Mooikloof on your left. Pass that until you get the sign Oryx Eko Park on your left hand. You will see the Bredenkamp Banner; follow the road signs to the "Bredenkamp Saaamkuierdag".

10 km from robot at Lois after you turns left into Garsfonteinweg. 5 km from Pretoria East Hospital. +- 1.5 to 2 km after Mooikloof

From the Witbank + Bronkhorstspruit take the Hans Strydom off ramp and turn left into Hans Strydom. Keep in your left lane till you get to a robot the crossing that says Hans Strydom and Garsfonteinweg. Turn left into Garsfonteinweg. Keep straight on this road and you will pass the Pretoria East Hospital on your right, further on you will get Woodhill and Mooikloof on your left. Pass that until you get the sign Oryx Eko Park on your left hand. You will see the Bredenkamp Banner; follow the road signs to the "Bredenkamp Saaamkuierdag".

3. HOU OOK ONS WEBBLAD DOP

http://www.geocities.com/bredenkamp_bond - http://www.geocities.com/bredenkamp_bond. Ons wil weereens 'n beroep doen op Bredenkamps wat oor e-posfasiliteite beskik om die nuusbriewe en inligting onder familielede te versprei wat nie toegang het tot internet nie.

Ø Verdere aksies waaraan ons vertrou die Bredenkamps in die verskillende streke inisiatief sal neem is om:

- Om byeenkomste te reël .

- Identifisering van begraafplase en deur te gee aan die bond.

- Om inligting na ons deur tegee vir gebruik in volgende nuusbriewe.

4. TEN SLOTTE

Laat weet vir ons van enige interessante dinge waarvan ons ander Bredenkamps tog kan kennisneem - erfstukke, jagavonture, stokperdjies, RESEPTE - egte Bredenkamp resepte soos die een hieronder.

Namens die Komitee. Pieter Bredenkamp



LIDMAATSKAP UITNODIGINGSBRIEF


1. ALMAL IS WELKOM BY DIE BREDENKAMP FAMILIEBOND

Die Bond is vir die BREDENKAMPS - Hier en nou en tot in die verre toekoms!!


2. Omdat ons baie trots is op ons FAMILIEBANDE en ons Bond se prestasies en U graag as LID

daarvan wil werf, wil ons U meedeel wat die familiebond sedert sy stigting reeds vermag het.

· Die BREDENKAMP STAMREGISTER en FAMILIEGESKIEDENIS is reeds vêr gevorder. Dit begin by JOHANNES CHRISTOFFEL BREDENKAMP wat op 24 September 1763 aan boord van die Leckerland by die Kaap voet aan wal gesit het en wat die stamvader van al die Bredenkamps in Suid-Afrika en ook buite ons grense is. Alle Bredenkamps se informasie en hulp word benodig om ons boek so volledig as moontlik saam te stel.


· 'n BREDENKAMP FAMILIEBONDWAPEN is ontwerp en reeds by die Staatsheraldikus geregistreer vir gebruik deur almal wat aangesluit het by die BOND.

· Daar word gereeld streeksfamieliefeeste gehou soos by Pretoria (ORYX EKO PARK), POSTMASBURG, CLARENS, MEYERSDAL in ALBERTON en KAMEELDRIFT 313 JR in Pretoria. Elke byeenkoms was in reuse sukses en familielede het mekaar vir die eerste keer daar "ontdek" en aangenaam gekuier.


· NUUSBRIEWE WORD UITGEGEE met interessante inligting en nuuswaardige berigte o.a van saamtrekke wat vir die BREDENKAMPS van belang is.

· Die BREDENKAMP WEBTUISTE is ontwerp en word instand gehou sodat belangrike inligting

daarin bekom kan word, maar ook waar bekendmakings en uitnodigings na saamtrekke geadverteer kan word.

· Die jongste is 'n leerhoed met die FAMILIEBONDWAPEN en word teen kosprys (baie billik)

verkoop. Die kan by Marthie Bredenkamp bestel word by 012 543 0860

3. Ten spyte van wat reeds bereik is het ons nog verskeie ideale en doelwitte waarvan die belangrikste is om die inligting in die stamregister so korrek en volledig moontlik te kry en andersyds om 'n hegte band te bind tussen al die BREDENKAMPS sodat ons mekaar leer ken, waardeer en geniet.

4. Met aansluiting sal 'n lidmaatskapsertifikaat met die BREDENKAMP familiebondwapen in volkleur en ander tersaaklike dokumente aan U gestuur word.

5. 'n Bereidwillige medewerker word gevra om die komitee by te staan met die reël van familiebyeenkomste in U gebied asook met die verkryging en verspreiding van inligting.

6. Om dit alles te vermag het ons u nodig en veral ook u lidmaatskap van die BOND waardeur u ondersteuning bied.

7. Voltooi asb die aangehegte aansoekvorm en pos, faks of E-pos dit aan:- Marthie Bredenkamp….. Fax nr: 012 543 0860

Knysna Laan 282 Sinoville E-pos: bredenm@intekom.co.za

Pretoria. 0182 ABSA. Bredenkampbond -Rekening nr. 90 7187 3122 - Aktiefspaar Sunnyside


AANSOEK OM LIDMAATSKAP VAN DIE BREDENKAMP FAMILIEBOND


BESONDERHEDE VAN AANSOEKER:

Volledige name volgens geboortesertifikaat:____________________________________________



Van:(of nooiensvan in geval van dame) _______________________________________________


Geboortedatum:_____________________________ID nr:________________________________



VOLLEDIGE POSADRES:_______________________________________________________



VOLLEDIGE WOONADRES: _____________________________________________________



e-pos ADRES:_____________________@___________________TEL NR: (H)______________



TEL NR (W) _______________FAKS Nr._____________________SEL Nr. ________________

GETROUD MET (Indien van toepassing)

Volle name:(Volgens geboortesertifikaat) _______________________________________________


Van/Nooiensvan:_________________________________________________________________

VOLLE NAME VAN KINDERS: (Volgens geboortesertifikaat) EN GEBOORTEDATUM

1._____________________________________ 4.__________________________________


2.____________________ _________________ 5.__________________________________


3._________________________ ____________ 6.__________________________________

BESONDERHEDE VAN AANSOEKER SE OUERS:

VADER : Volle name ___________________________________Geboortedatum:______________



Van: __________________________________________________________________


MOEDER: Volle name__________________________________Geboortedatum:______________



Nooiensvan:____________________________________________________________

GELDE BETAALBAAR:

· Indien aansoeker 70 jaar en ouer is: R100 eenmalige vir lewenslange lidmaatskap.

· Indien aansoeker 21 jaar of ouer is maar jonger as 70 jaar: R200 eenmalige vir lewenslange lidmaatskap.



· Ouers kan ook vir hulle kinders onder die ouderdom van 21 jaar aansoek doen om lidmaatskap,

elk op afsonderlike aansoekvorm. Aan elke kind word 'n afsonderlike lidmaatskapsertifikaat uitgereik. Die gelde betaalbaar vir elke kind is R200 (eenmalig) vir lewenslange lidmaatskap.





_____________________________

HANDTEKENING VAN AANSOEKER








TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu