bredenkamp.co.za


Go to content

2005

NUUS > Nuus Briewe

NUUSBRIEF 1/2005
Bredenkamp Familiebond

1. TER INLEIDING

Nog 'n jaar het verby gegaan - seker nie stadiger of vinniger as enige vorige een nie en tog voel dit soms of die tyd al vinniger verbysnel.

Dis egter andermaal 'n voorreg om namens die Komitee, al die Bredenkamps te groet en weer deur middel van die nuusbrief met almal te gesels. Ons vertrou dat ons almal rede het om ook wat 2004 betref met dankbaarheid terug te kyk.

Namens die Komitee word u 'n Voorspoedige 2005 toegewens: Mag elkeen van ons opnuut in die Nuwe Jaar beleef dat ons rede het om saam met die Psalmdigter (ps 107) te getuig:

" Loof die Here, want Hy is goed aan sy liefde is daar geen einde nie!"

2. ONS GESINNE

Alhoewel ons baie graag saamtrekke van Bredenkamps wil help rëel en dat van die komiteelede dit bywoon is ons komitee dit eens dat die sterkste band in ons Familiebond steeds die band tussen lede van 'n gesin moet wees. Daarom is ons verheug as ons verneem van 'n gesin waar die geslagte moeite doen om een of meer kere per jaar bymekaar te kom - oor 'n naweek of dalk net vir een dag. Wat 'n voorreg as ouers en kinders en hulle kinders (neefs en niggies) nog gereeld bymekaar kom en kuier en op die wyse 'n bepaalde omgee-vir-mekaar betoon.

Sal ons gesinne nie ook 'n 2005 baie moeite doen om sulke bymekaarkomste rëel nie en ons hoor graag van u en ons noem dit graag in ons nuusbrief.

3. SAAMTREKKE 2005

Ons kondig aan 16 April 2005 die Saterdag wat ons jaarlikse saamtrek by ORYX ECO PARK op die plaas Rietfontein, Pretoria sal plaasvind. Dis elke jaar 'n heerlike piekniek en kuiergeleentheid waarheen almal uitgenooi word. Daar is staproetes tussen die wild en volop speelplek vir kinders en elkeen bring sy eie eet en drinkgoed en eetgerei waar ons sorg vir die braaivleis vure en pap en sous!

Ons sal ook graag van ander saamtrekke verneem sodat ons dit ook op die webblad kan adverteer

Hier is 'n paar foto's van ons saamtrek op op 2004 by Oryk Eco Park te Pretoria.

Ons het ook sommer van die geleentheid gebruik gemaak om Oom Frikkie se 90ste verjaardag te vier.


Oom Frikkie met twee vriendinne as eregaste






Ons "smile" van die dag




Ons Bredenkamp hoede wat base gevind het






Daar word aandagtig geluister na die besprekings van die dag




Geslag tot geslag - Oud en jonk hulle was almal daar







Geslag tot geslag - Oud en jonk hulle was almal daar




Daar word geproe aan die smaaklike Bredenkamp wors






Besprekings en rekenaar navorsing rondom geslagte





4. BEWARINGSAKSIES

Een van die interessante aksies binne die Familiebond is die navorsing oor grafte van die voorgeslagte en fotos daarvan. Dit is veral ook die geval waar grafte op plase in 'n familiebegraafplaas geleê is. 'n Belangrike uitvloeisel daarvan is die bewaringsaksies t.o.v die begraafplase. In die vorige nuusbrief is daar 'n weergawe van die moeite wat Hennie. Wynand, Gert en Sarie Bredenkamp gedoen het om grafte op te spoor en die begraafplaas te herstel wat hulle gedoen het moet ons onder almal inspireer!! In hierdie uitgawe verskyn die berig oor die begraafplaas op Kadebis. Ons sal graag van u hoor van sulke begraafplase - dis veral die vroeëre geslagte wat in familiebegraafplase begrawe is

Gert het 'n tweede besoek afgelê aan Kadebis begraafplaas op 4 September 2004 om fotos te neem van die nuwe omheining wat goedgunstiglik deur die plaas eienaar Thys van Wyngaardt aangebring is na onderhandelings. Gert en Sarie is deur Thys en sy vrou Maureen en seun Jan Hendrik ontvang en het die Saterdagaand na die besoek aan die begraafplaas saam met hulle deurgebring. Graag wil ons van die geleendheid gebruik maak om Wynand, Hennie en Gert Bredenkamp te bedank wie die kostes vir die bewaringsprojek bygedrae het. Hier is 'n paar fotos van die projek.

Hennie en Susan het 'n besoek afgelê aan "Rapendal" en die graf van Barend Jozef Johannes Bredenkamp (28.12.1871 - 24.8.1912


Esmè Botha op Vryburg woon het baie moeite gedoen om kontak te bewerkstellig. Sy het Hennie en Susan na die plaas vergesel en help sleutels soek en hekke oopgesluit en heerlik gesels.

Rapendal word tans besit deur Hennie Steyn - skoolhoof Laerskool Stellaland, Vryburg.

In dieselfde goed ommuurde plaaskerkhof lê ook grafte van die Van Jaarsvelds wat die plaas tussen 1912 en 1930 bekom het asook Steyn, Hennie se ouers by wie hy die plaas geërf het.

Daar woon tans net 'n arbeider en sy gesin wat beeste oppas. Die ou woonhuis en damme en skure is vervalle, bome en stompe wat nog daar staan getuig van die goeie ou dae in hierdie suidelike Kalahari wat sekerlik na goeie reëns baie beter sal lyk as toe ons die droë wind en hitte en stof moes trotseer.

5. BONDLIDMAATSKAP

Na aanleiding van samespreking in die Komitee is besluit om 'n werwingsaksie te loods om meer Bredenkamps te werf wat lede word van ons Familiebond en daar is ook besluit dat:

5.1 Geen lidmaatskapgelde gehef word nie:

n Aansoekvorm vir lidmaatskap word hierby aangeheg wat volledig voltooi en onderteken moet word en gepos/ gepaks word aan:

Marthie Bredenkamp

Knysnalaan 282

Sinoville

Pretoria

0182

E-mail - bredenm@intekom.co.za

Tel/Faks 012 543 0860

Die enigste koste is die drukkoste van die sertifikaat en die versekeringskoste per pos versending wat R50 beloop.

Ons vertrou dat ons Bredenkamps die geleentheid sal aangryp om lede te word. Dit is 'n mooi sertifikaat wat geraam behoort te word. 'n Voorbeeld is te sien op die webblad

6. NUUS VAN ORAL OOR

6.1 Laat weet asb van Bredenkamps wat in 2004 die Matriek Eindeksamen, Universiteitgrade verwerf het ens, geslaag het: Baie geluk byvoorbaat!!

6.2 Ons het regtig bydraes en nuus wat vir ons almal interessant mag wees nodig! Laat weet asb!

7. Lief en Leed






TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu