bredenkamp.co.za


Go to content

2006

NUUS > Nuus Briewe

TER INLEIDING

Die jaar 2005 het aangestap en die nuwe jaar wink om die draai! Dis weereens 'n voorreg om met al die BREDENKAMP'S te skakel d.m.v. ons NUUSBRIEF!
Ons vertrou dat dit vir almal van u weer 'n aangename ervaring sal wees om so deur te blaai en intresante nuus te lees en sommer net ook weer deur die NUUSBRIEF bande te bind.
Ons soebat eintlik by almal, stuur vir ons nuus oor julle families, ons wil dit graag met al ons Bredenkamps deel!!

Die Komitee se laaste vergadering is in die raadsaal van die Voortrekkermonument gehou. Ons het vooraf besoek gebring aan o.a die Argief en Biblioteek en Riette Zaaiman het ons begelei en ingelig wat betref die grootse planne wat veral die beplanning t.o.v navorsinsfasiliteite en geriewe vir navorsers i.v.m die Afrikaner se ontwikkeling en bydrae in hierdie land. Ons indruk is dat dit 'n uitsonderlike bydrae sal word. Om net ook op die Erfenisterrein te kon beweeg en vergader was andermaal 'n inspirasie en het opnuut dank teenoor ons Hemelse Vader en waardering vir die voorgeslagte laat opwel!

Op ons jongste vergadering het ons besluit om die volgende versoeke te rig:
· Families moet erfgoed van allerlei aard: artikels, meubels, dokumente, foto;s ens, ens, ens. Ons sal graag 'n afskrif wil ontvang van wie, waar, wat het om die indeks ook te bewaar. Ons sal graag in 'n nuusbrief wilverwys na interessanthede wat bewaar word.
· Ons het 'n dringende behoefte om verteenwoordigers oor die hele land te kry wat i.v.m 'n hele paar aangeleenthede vir die komitee hulp sal verleen
· Ons het reeds die volgende persone wat vrywillig aangebied het
- Wessels Bredenkamp (Vrystaat)
- Barry Gordon Bredenkamp.
- Jim Bredenkamp - Noord Kaap
· Ons vra asb wie sal aanbied vanaf Natal, Zimbabwe, Namibië, Mpumalanga, Limpopo, Noord-wes, Oos kaap en ander gebiede. Laat weet asb!!

Die BREDENKAMPS KUIER SAAM BY OMARAMBA tussen Hartbeespoortdam en Rustenburg, die naweek van 21, 22 en 23 April 2006. Die beplanning en reëlings volg aan die einde van die nuusbrief as aanhangsel.

Ten slotte wens ons 'n almal 'n baie geseende Kersfees (Christusfees) toe en mag die Nuwejaar onder Sy seënende hand en deur Sy genade die vreugdevolste en vredevolste jaar vir almal wees!

Groete
Namens die Komitee
Pieter Bredenkamp

DIE NAVORSINGSTRUST
'n Ontwikkeling wat allerweë verwelkom behoort te word is die oprigting van 'n Navorsingstrust deur die Erfenisstigting met die doel "om sonder winsbejag, in samewerking met ander belanghebbende instansies, navorsing in die breedste sin van die woord rakende enige Afrikaner-aangeleenthede, in die breër Suid Afrikaanse konteks te inisieer, uit te voer, te befonds, te koördineer, ten einde te verseker dat die fondse wat in die doel bekom word, optimaal bestuur en benut word."

Die Navorsingstrust word beheer deur 'n Raad van Trustees waarvan Dr Willem Cruywagen, ex officio as voorsitter van die Erfenisstigting, lid is. Ander lede is Prof Herman Gilliomee, Regter Louis Harms, Prof Jacques van der Elst, Mnr Ritzema de la Bat, Prof Pieter Duvenage, Prof Rena Pretorius en Mnr Koos Steyn.

Die Raad van Trustees sal geadviseer word deur 'n Adviesraad van navorsingskundiges wat aangewys sal word.
Ten minste 31 persone en / of instansies het sedert einde Junie as stigterslede aangesluit waaronder ook die Bredenkamp Familiebond- op grond van die inisiatief wat Hennie Bredenkamp geneem het en hy is ook die Bond se verteenwoordiger. Ons wil hom hartlik bedank vir die bydrae wat hy in die verband gelewer het en ons opregte waardering betuig.

Benewens die oprigting van 'n Navorstingstrust word die oprigting van 'n Erfenissentrum van R.M 4.5 (meer as RM3.5 reeds ingesamel) insluitend 'n argief, biblioteek, leeskamers, uitstalkamers, kantore ens op die Voortrekkermonument Erfenisterrein, in vooruitsig gestel.
Benewens die navorsingsgeriewe wat tot ons beskikking is, is daar ook 'n ruimte waar ons die belangrikste dokumente van die familiebond ook veilig kan bewaar.
Later berig ons oor verdere verwikkelinge!

BESOEK AAN BULTFONTEIN / HERTZOGVILLE 21 - 24 JULIE 2005
Oom Frikkie a1b3c2d4e5f9 het lankal laat val dat hy graag weer sy geboorteplek op Blaauwfontein tussen Bultfontein en Hertzogville en sy ouers se grafte sou wou besoek.
Wat 'n groot voorreg om hierdie byna 91 jaar jonge baanbreker en staatmaker van ons Bredenkamp familiegeskiedenis en stamboom navorsing op hierdie besoek te kon vergesel.

Ons twee het Vrydag voordag die pad gevat tot op Kroonstad en by Emma Booth a1b3c2d4e4f4g3 gaan koffie en beskuit geniet. Emma is nog kietsregop en op en wakker net soos in die dae toe sy sekretaresse was en saam met Oom Frikkie en sy span die 1968 BREDENKAMP FEES op Kroonstad gereel het. By ons het aangesluit nog 'n Hennie Bredenkamp en ook nou van Kroonstad. Hendrik Strauss Bredenkamp a1b3c2d4e11f1g3 is 'n eiendomsagent op Kroonstad en sal saamwerk en die detail van sy tak van die stamboom dws sy oupa e11 Christiaan Dietloff gebore en begrawe op "Grootpan" tussen Bultfontein en Hoopstad, nagaan en aanvul.

Daarna verkas ons na Carel Abraham "Wessels" Bredenkamp a1b3c2d4e5f3g4 op Bultfontein waar sy vrou Rina en later ook sy neef James "Milne" a1b3c2d4e5f4g3 en die se suster Rina Vorster (gebore Bredenkamp a1b3c2d4e5f4g1) ook by ons aangesluit het.

Eers is ons met twee Hilux voertuie na Oranje 231 en Verhelsleegte 90 soos die plase nou geregistreer is na onderverdeling van die ou familieplaas Verhaalslaagte soos dit alom bekendgestaan het. Ander onderverdelings is Die Hoogte 225 en Driehoek 191 .
Milne is weer die trotse besitter van al die gedeeltes van Jan Daniel d4 se ou plaas Verhaalslaagte behalwe vir 'n klein gedeelte Driehoek 191.

Milne het baie moeite gedoen met die skoonmaak van die begraafplaas op Oranje waar Jan Daniel d4 begrawe is asook op Verhelsleegte waar James Milne Bredenkamp a1b3c2d4e5 begrawe is. Die ou Klipopstal en Klipskooltjie wat tydens die 1914 Rebellie as Hospitaal gedien het staan nog rotsvas en 'n mens kom diep onder die indruk van die ryk geskiedenis sedert 1870 deur die Anglo Boere- oorlog en wêreld oorloë wat hier deurleef is - 'n stel dokumente is aan Milne en Wessels oorhandig met die oorlogseise in 1903 van die Bredenkamp broers wat aan Boere-kant groot verliese moes ly. Huise is afgebrand en vee doodgeskiet en vrouens en kinders moes vlug voor die Engelse troepe.

Daarna is ons na Blaauwfontein waar om Frikkie se ouers David Samuel Milne Bredenkamp a1b3c2d4e8 en Maria Susanna BERNING begrawe is. Sekerlik hartseer oomblikke vir Oom Frikkie en ook 'n emosionele belewenis, ook vir die ander vier van ons.
Verder na die Hertzogville Begraafplaas, nog foto's en toe 'n besoek aan Davy - David Samuel Milne Bredenkamp a1b3c2d4e8f3g1 op Hertzogville.

Op pad terug eers aangery by Ria Wessels nog 'n niggie van Oom Frikkie en heerlik gesels.
Saterdagoggend was Grootpan op die program en Milne moes kakiebos en Kareetakke wegbreek om by die grafte uit te kom.

Eers daana kon ons foto's neem van die grafte van Christiaan Dietloff d4e11 en sy eggenote Jacoba Adriana MATTHYZEN.
Saam met Wessels het ons al die BREDENKAMP grafte in die ou Bultfontein Kerkhof by die N.G. Kerk gaan fotografeer en veral die Suil op die graf van Frederick Johannes e6 en sy eggenote Susanna Christina MILNE is werklik indrukwekkend.

'n Blitsbesoek aan Marietjie (gebore NEL) eggenote van Christiaan Dietloff d4e11f4 in die ouetehuis het 'n vrolike gesels, lag en onthou sessie afgegee. Ongelooflik hoe die mooi ervarings van die verlede weer opgediep kan word.
Wessels het vir ons 'n interessante besoek gereël by "Mick" en "Ria" wat op Bultfontein langs die NG Kerk woon die Saterdagoggend.

"MICK" a1b3c2e10f2g1 * 13.01.1934 gedoop Michiel Johannes. Sy Oupa "Oom Gallie" e10 het in 1911 met die "Moodie-trek" uit die OVS na Rhodesië getrek waar Mick in 1934 gebore is. Sy vader was Stephanus Ignatius * 22.09.1905 naby Hoopstad en het as kind saam met sy pa na Rhodesië getrek. Hulle plase was "Thorndale" en "Springs" P.K. Bembezi tussen Bulowayo en Gwelo. Mick is reeds sedert 1963 terug in Suid-Afrika.

Mick is in 1957 in Bulawayo getroud met Elsie Cecilia (Cilla) ENGELBRECHT.
Kinders h1 Stephen Ignatius (Stephen) * 15.11.1958
h2 William Edward (Willie) * 28.10.1959
h3 Wilhelmina (Wilma) * 08.02.1966
Kleinkinders:- h1i1 x "Lucy" MINNAAR
i2 2 Seuns 1 dogter
i3
h2i1 x "Hanlie" (Woon op Dealesville)
i2 1 seun 1 dogter Mick is
op 02.07.1999 weer getroud met Maria Susanna JACOBS
(RIA) Moeder was Margaretha JACOBS. Ria was eers met DU PLESSIS getroud.

Mick en Wessels sal help met verdere detail vir ons stamboom. Tyd was ongelukkig te beperk om die fonds van inligting verder te ontgin.
Die Saterdagmiddag het ons by Milne en Anna (Engelse uitspraak!) op hul plaas "Hanover" so 20 km van Bultfontein op die Hoopstad pad gaan kyk toe die Bokke die Wallabies verpletter op Ellispark en daarna die regte bokke - spring- bles- en gemsbokke op die plaas gaan besigtig.

'n Heerlike braai en groot gesels volg tot laataand ook met Wessels se seun Michael wat saam met Milne boer en sy regterhand is. Manne wat groot dink, hard werk, presteer, baie deursettingsvermoë het en blykbaar ook maar hardekwaste is. (Geneties? Ek neem dit baie keer waar so op my besoeke.)

Ek en Oom Frikkie is Sondag terug na Pretoria, diep onder die indruk van die gasvrye lekker klomp Vrystaters (Dik vriende geword van al die lekker eetgoed) Baie kontakte is gemaak met gesinslede wat sal saamhelp met die versorging van hulle tak van die BREDENKAMP stamboek.

Byvoorbaat dank aan Anna, Rina, Alta, Karien STAAL (eggenote van Prof. Almero Weyers) in Bloemfontein vir hulle beloofde insette.Die kontakbesoek was 'n groot voorreg, waarvoor ons opreg dankbaar is. Hopelik lei dit tot 'n gereelde O.V.S. byeenkoms in die toekoms. Ons sal daaraan werk.

Hennie Bredenkamp a1b3c2d8e4f7g1


vlnr Frikkie, Milne, Wessel en Rina Bredenkamp




JANNIE BREDENKAMP VAN KAMEELDRIF 313JR PRETORIA IS OP 3 JUNIE 2005 OORLEDE.


Vlnr. Martie en Jannie Bredenkamp

Die begrafinis is gehou op 9 Junie 2005 en hy is in die Familiebegraafplaas op Kameeldrift 313JR begrawe.
Jannie (Johannes Christoffel BREDENKAMP) * 01.01.1943 + 03.06.2005 x 14.12.1963 Martina Jacoba BAKKER (Martie)

Oom Jannie dra natuurlik ons stamvader se volle name en was in lewe 'n voorbeeld in sy gemeenskap, vir sy familie sy gesin en kinders en kleinkinders.
As diep gelowige mens het hy sy siekte met gelatenheid en waardigheid aanvaar en uitgeleef en almal om hom diep beindruk.

Martie sy eggenote, Elize, sy dogter en Bondskomiteelid, Carel Pieterse, haar eggenoot en sy dogters en familie moet gelukgewens word met die reëlings van die verrigtinge. Ek het nog nie baie begrafnisse bygewoon wat met soveel deernis, dankbaarheid, gevoel en waardigheid deurgevoer is nie. Die verrigtinge in die Nederduitse Hervormde Kerk Magaliesmoot en die teraardebestelling in die familie begraafplaas was 'n geestelike ervaring vir almal van ons.

Namens die Bondskomitee en alle BREDENKAMPS wat die voorreg gehad het om Oom Jannie te leer ken bid ons sy geliefdes en gesin en familie sterkte en vertroosting toe.

NUUS UIT DIE KOMITEE EN VAN HEINDE EN VERRE

MARTHIE BREDENKAMP IN DIE NUUS.
Die berig oor Marthie se vonds het in die Volksblad verskyn.
"IK ben een Afrikander". Hierdie woorde van Hendrick Biebou in 1707 in Stellenbosch het die jongeling beroemd gemaak. Hy is die eerste persoon wat homself as 'n Afrikaner beskou het. Bykans 300 jaar nadat hy op 'n skip die Kaap verlaat en verdwyn het, het hy op die wêreldwye web teruggevaar. CHARLES SMITH doen verslag oor hoe Biebou weer "ontdek" is.

Die deurbraak het in 2000 gekom. Inligting wat tot dusver feitlik ontoeganklik was, kan nou deur die moderne tegnologie ontsluit word. In Nederland is gegewens omtrent skepe en werknemers van die VOC gedigitaliseer en op die wêreldwye web geplaas.

'n Lid van GenForum, me. Marthie Bredenkamp, het lukraak name wat met die soekwoord "Cabo" of "Caap" gekoppel kon word op die VOC-webwerf gesoek en na die poslys gestuur. Wood sê weens die Franse invloed het Hendrick bekendheid verwerf onder die Franse vorm van sy naam, Hendrik Bibault, en kon inligting oor hom maklik misgekyk word. Maar eendag, amper 75 jaar ná die eerste artikel oor hom het dit haar geluk om sy naam raak te lees en die volgende boodskap aan GenForum gestuur: En die volgende boodskap is deur 'n lid van GenForum aan Marthie gestuur.

"Marthie Bredenkamp! Besef jy wat jy hier het? Vir jare probeer Hans Heese en André van Rensburg al om Hendrik Biebouw op te spoor! Weet jy wie was Hendrik Biebouw? Hy was Hendrik Biebouw van Ik ben een Afrikander. Waar kry jy hierdie inligting?"

PRESTEERDERS - HIER EN ELDERS TER WERELD!!SJOUKJE BREDENKAMP


Sjoukje Bredenkamp

Sy is sestien en sy's die vinnigste vlieërskiër in Afrika en derde vinnigste ter Wêreld.
"My ma Geertjie, vliëerski ook en Langebaners dink dis great omdat ons gesin alles saam doen. Ek het in Desember 2003 met die sportsoort begin."

Hierdie vasberade tiener het onlangs aan een van die glansrykste seilplankkompetisies op die internasionale watersportkalender, die Mondial Du Vent in Frankryk deelgeneem.
Hier het Sjoukje 'n derde plek in die vroue-afdeling behaal met 'n topspoed van 30,66 knope.
"My pa was nog altyd baie sportief en lief vir watersport. Hy het die res van ons gesin daarmee aangesteek. Ons kom eintlik van Gauteng en het aanvanklik watersport beoefen wanneer ons na winderige plekke gery het."

Sy sê dit is die gesin se liefde vir watersport wat hulle laat besluit het om drie jaar gelede na Langebaan te verhuis. Sjoukje is vasbeslote om binne die volgende twaalf maande die wêreldrekord vir vroue van 33,47 knope te laat spat in die Namibiese Spoedweek, wat in Oktober in Walvisbaai gehou word.

JOHN BREDENKAMP
(Gadget) CELEBRATES BIRTHDAY ON APPALACHIAN TRAIL. - USA
The Noblesville in Indiana man said his five month trek and completion of the 2,175-mile Appalachian Trail was cause for celebration.

Hiking the trail was an adventure he'd been thinking about ever since his honeymoon in Gatlinburg. Tenn, 34 years ago. But it wasn't until the account manager retired from Motorola Inc. in 2003 that he began researching and training for his adventure.

On September 3, he climbed 5,267-foot Mt Katahdin Maine, in heavy fog, which "magically" cleared as he reached the summit. Besides climbing Mt Katahdin with son-in-law, Jason Foster - who drove out and hiked the final two days. John said his best memory was his birthday.



Two of my daughters, Courtney (left) and Jonann (right) and me the night of our family get-together before leaving for Springer Mountain. Note - the paper banner in the background was made by my grandchildren, Aubrey, Brynn and Tyler



T2 (Tsquared) and his wife, Jackie, and my wife, Judy, and I (Gadget) had dinner at the Amicalola Falls Lodge the night before leaving for Springer Mountain.



This is Gadget heading back to the Trailhead at the parking area above Carvers Gap. Please notice the extra facial growth. Says he has to look like a thru-hiker so he can't shave yet.

GERHARD BREDENKAMP
Veels geluk met die prestasie om ingesluit te word as 'n lid van die Polocrosse Suid Afrika se Meestersspan teen Zimbabwe.
Ons besef hoe 'n groot eer dit vir so perde liefhebber (tipies Bredenkamp!) is. Baie dankie ook vir al die heerlike Bredenkamp byeenkomste te Oryk Eko Park. Dit het nou al 'n jaarlikse instelling geword waarna almal na uitsien.





Riaan Bredenkamp: Senior Helpdesk Technician



Riaan joined the support desk team of The Shuttleworth Foundation May 2005. His main duty is to ensure that the help desk responds to requests in a professional, efficient and technically correct manner. Riaan has a background in software support and technical documentation. When he is not working he keeps himself busy with reading, learning and is generally seen pottering around his home.

"Education is the key to unlocking the creative and intellectual potential of the South African youth, allowing them to live the dream that 'anything is possible' - "Mark Shuttleworth:"

MAAK KENNIS MET 'N BESONDERE BREDENKAMP IN DUITSLAND


Andreas Bredenkamp
Born: 30.03.1959

Op sy besoek in Duitsland het Hennie Bredenkamp o.a vir Andreas Bredenkamp ontmoet wat op daardie stadium reeds naam gemaak het op die gebied van liggaamlike ontwikkeling, liggaamsopvoeding, fiksheid en veral buite sport en afrigting. Sy bydrae word erken deur 'n " Fitness Tribune Award" in 2005. In 'n navorsing na sy studie en publikasies word gemeld dat hy tov die liggaamsbou - veld waarin hy hom verdiep het, sy tydgenote dikwels vêr vooruit was in sy denke en toepassing van sy idees.
Congratulations Andreas from all the Bredenkamps in South Africa with your FITNESS TRIBUNE AWARD!

Viele Grusse.



SEEKING FAMILY AND FRIENDS
Seeking my cousin, Heila Aletta du Plooy (née de Villiers), previously from Boksburg then Kempton Park. Call Ina Mollmann (née Bredenkamp) on 011-781-1323 or 084-780-0879.

We are ex ZIMBABWEANS, now living in Holland, and we would like to get hold of people we used to know in Triangle and who are now living in New Zealand. They are "Porky "and Mary Bredenkamp and their children are Jonathan and Bianca. Porky came to Triangle from Mashaba where he was a fitter on the mines.

If anybody could give us their address, telephone number or Email address we would be most grateful.

Wishing all of you a good Easter week-end and all the best over the election period.

Greetings from Ru, Rinske and Alie van Zeeventer.
rualvan.zeeventer@home.nl

HUWELIKSHERDENKNG: Salome en Boet Bredenkamp 50 huweliksherdenking on 4 Desember Mosselbaai.

VERJAARSDAE
Mev Hester Bredenkamp van die Jan Vorster-tehuis vir bejaardes in Postmasburg het haar 96ste verjaardag gevier op 27 April 2005. Sy is in Vredefort in die Vrystaat gebore, het drie dogters uit haar eerste huwelik, 11 kleinkinders en 10 agterkleinkinders. Sy is gesond,
haar brein is skerp en sy is lief vir mense. Sy is gesond, haar brein is skerp en sy
is baie lief vir haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

ONS IS DANKBAAR
Marthie Bredenkamp was in 'n ernstige motor ongeluk maar het so herstel dat sy die laaste vergadering kon bywoon. Gert en Sarie Bredenkamp se seun Dries het ook tuis 'n ongeluk gehad toe die skerp punte van 'n pallisade heining in sy maag ingeding het, maar ook hy het reeds goed herstel.

STERFTES
EVA PETRONELLA BREDENKAMP, Id-nr. 440211 0112 08 7, van Bellinghanhof, Oudsthoorn,

GEBOORTES
Vir Paul Ackerman (voorheen van Moorreesburg) en Coreen (Bredenkamp) 'n pragtige seuntjie Paul (junior) en boetie vir Hendré Gebore op 21.8.2005.

SO HAAL HULLE KLEIN-KLEIN DIE INTERNET - NOGAL MET 'N SERTIFIKAAT


Andri Bredenkamp




Baby Names: Andri Bredenkamp
Mum & Dad: Anton and An0Ji
Date of Birth: Jul 4 2005
Time of Birth: 07h32
Hospital: Unitas Hospital
Weight: 2.7kg
Height: 49cm
Baby Talk:

Zander Bredenkamp




Baby Names: Zander Bredenkamp
Mum & Dad: Louis and Ine-Mari
Date of Birth: Feb 19 2005
Time of Birth: 19:50
Hospital: Pretoria East Hospital
Weight: 2.48
Height: 46
Baby Talk: I am tooooooooo cute!

BREDENKAMP FAMILIEBOND
Webtuiste adres - http://www.bredenkamp.co.za
Marthie Bredenkamp - 012 543 0860
Hennie Bredenkamp - 011 701 3420.



TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu