bredenkamp.co.za


Go to content

2007

NUUS > Nuus Briewe

Bredenkamp Nuusbrief
Julie 2007

Van die VOORSITTER

Hierdie Eerste Nuusbrief van 2007 is propvol lekker leesstof en interessante inligting.

Ek verwelkom graag vir Marthie as ons Ondervoorsitter vir die jaar. Wat 'n staatmaker van jare en al is sy 'n nooi STRYDOM verdien sy 'n ere-BREDENKAMP titel.

Sy bly ons Hoof Kontakpersoon en ek glo sy gaan nog lank gespaar word om ons mikpunte te help behaal. Die res van die Komitee bly dieselfde en steeds toegewy tot ons ideale.

Ons meer informele aanslag en fokus hanteer Pieter in 'n afsonderlike artikel sodat almal daaroor duidelikheid kan hê.

Ons Bring- en Braai byeenkoms op Sondag 15 April by Swallows Inn, Magaliesburg wat beloof het om 'n lekker Sondag Kuier te wees is egter teleurstellend swak bygewoon.. Kom gerus en geniet die dag saam.

Die komitee het besluit om die stamregister se relevante detail op die webtuiste te plaas sodat enigeen daarin insae kan hê, 'n afskrif kan maak en korreksies en toevoegings aan ons kan stuur sonder om aan die basiese Stamregister op rekord te verander. Dit gaan goed werk as elkeen aansuiwer waaran hy weet en so sy deel bydra tot ons poging.

Mag almal 'n gesonde suksesvolle en Geseënde jaar 2007 geniet en in Erkentlikheid en Dankbaarheid sy beste lewer vir almal in ons mooi land se toekoms.

In Geloof, Hoop, Liefde,

Groete,

HENNIE BREDENKAMP
Voorsitter

Iets om ernstig na te dink?

Iemand het glo gesê: Jy kan nie keer dat 'n voëltjie oor jou kop vlieg (en selfs 'n blerts laat val) nie, maar jy kan verhoed dat hy in jou hare nesmaak! Ons is maar te bewus van die feit dat ook in 2007 ons nie al ons omstandighede na ons sin en wens kan laat verloop nie.
Vir ons as Christengelowiges is daar egter die sekerheid dat ons Hemelse Vader steeds in beheer is van Sy hele skepping is - ook ons eie lewens.

Die Komitee het veral oor die afgelope jaar ook ondervind dat die Bredenkamp Bond se sake nie so verloop soos ons graag wou nie.

Onder andere die volgende:

· Ons kry min of geen reaksie op ons versoeke om inligting van die onderskeie families waardeur ons in staat gestel word om die huidige gegewens van die familieregister verder aan te vul en te toets nie.

· Ons kry baie min inligting oor bedrywighede waarby Bredenkamps betrokke is en wat tog uit die aard van die saak vir al die ander Bredenkamps intressant sal wees!

· So sou ons kon aanvul!

Dit het daartoe gelei dat ons Komitee op sy laaste vergadering ernstig besin het oor Quo Vadis? Wat is daar dan vir die Komitee om verder by te dra? Wat word van die Komitee verwag?

Een aspek wat na vore gekom het is dat die Komitee nooit bedoel het dat die Bredenkamps of selfs in enkele Bredenkamp beskou word as 'n uitsonderlike persoon met geen gelyke tussen ander mense nie. Trouens ons is maar te bewus daarvan dat 'n elke Bredenkamp se are is daar bloed en gene van ander vanne wat ook beduidend bygedra het en nog bydra tot "Bredenkamp wees". Daarvoor sal elkeen van ons steeds ook dankbaar kan wees. (My eie moeder was van Vuuren en vir haar geestelike invloed is ons gesinslewe en in my eie lewe sal ek nooit ophou dankbaar wees nie.)

Dit het ook gelei tot die verklaarde perspektief van die Komitee dat dit ons steeds pas om in ootmoed en nederigheid elke dag te lewe vanuit GELOOF, HOOP en LIEFDE! Die Bybelse opdrag van Filippense 2:3 en 4 is ook hier ter sprake
.
Die komitee is steed oortuig dat die belangrikste aktiwiteit van 'n Bredenkamp en dus van elke Bredenkamp is om binne die gesin die band uit te bou en so 'n hegte familiebond te vorm - om dus vir mekaar so om te gee dat daar in elke gesin en wyer in familieverband 'n warmte geskep word, wat 'n aanvaarding en koestering en geborgenheid vir elke gesinslid en famielid verseker. Dit is wat elke Bredenkamp teenoor mekaar verskuldig is. Ons versoek is: Gesels met mekaar daaroor en Bind die Band al sterker. So sal ons nie met dankbaar teenoor ons voorsitters wees nie maar nou daadwerklik dankbaar teenoor mekaar lewe en bo alles dankbaar wees teenoor ons Hemelse Vader

Gegroet tot 'n volgende keer

Pieter Bredenkamp

BAIE TROTS - NUUSMAKERS - BREDENKAMPS

o Irene Bredenkamp -- "Newman se voëls volgens Kleur" - Samewerker.

o Prof. Brian Bredenkamp * 16.04.1948 a1b3c1d1e3f2g7h1i1 - Bewaring van ons
Kampioen-boom erfenis. Sien artikel hieronder. Beeld 6 Februarie 2007.

o Bianca Bredenkamp * 06.11.1987 a1b3c2d8e5f5g2h3 * "De la Rey - Bok van Blerk byeenkoms Hillfox Sentrum Wesrand - Sien kommentaar hieronder. Beeld 12 Februarie 2007.

o Sjoukje Bredenkamp a1b3c2d8e4f7g1h1i1 Wêreld se vinnigste vroue vlieërskier.
- Burger Voorblad 21 Desember 2006.


-
o Matriekuitslae 2006 - Gauteng suksesvolle kandidate.
8062700900007 M "BREDENKAMP, CONRAD (04012) (07242)" 2861
8061605720004 "BREDENKAMP, EMILE LOUIS" 2862
8062502330041 M "BREDENKAMP, JAN-DANIEL" 2863
8062112350010 M "BREDENKAMP, KAYLEE (01021) (09352)" 2864
8061205760010 D "BREDENKAMP, MELISSA (04041) (04011) (07151)" 2865
8061504660014 E "BREDENKAMP, WARREN LEE" 2866

Matriekuitslae 2006 - Vrystaat suksesvolle kandidate.
3171019065010 M "BREDENKAMP, ANRI (00105) (00201)" 615
3182060065011 M "BREDENKAMP, ELIZABETH MARJEANNE (00102) (00610)" 616
3171015065008 "BREDENKAMP, JACOBUS WILHELMUS (00653) (00610)" 617

* Bianca, - Die opmerkings wat die "Beeld" aan jou en jou mede-jongmense toegedig het is vir ons ouer geslag baie stimulerend en interessant, byvoorbeeld "Ons kultuur wat weer opstaan", "Dit maak alles in my wakker", "Dinge wat ons al vergeet het", "Dit bring ons weer bymekaar", "Dis waar ons wortels is" en "Ons beweeg aan". Hoe kan ons ouer geslag julle ondersteun en saam werk aan ons gemeentskaplikke idiale? Wil jy nie vir ons vertel hoe julle werklik oor bewarings aksies voel nie? Wat beteken julle wortels en geskiedenis vir julle? Hoe wil julle "aanbeweeg?"

Kwadrupleeg boer klopdisselboom Deur CHRIS JOOSTE



Mnr. Ampie Bredenkamp met sy 4x4-rolstoel waarmee hy met gemak in die lande kan ry. By hom is sy helper, mnr. Johnny Matthews, en Chippy, sy brakkie. Foto: Chris Jooste.

Dis 'n aangename, vriendelike bruingebrande boer wat jou ontmoet - vol grappies en vrolikheid en kwinkslae. As jy nie weet nie, sal jy nie eens agterkom die man wat met soveel geesdrif en gesag oor die boerdery en graanmarkte praat, is in 'n rolstoel nie.

"Kyk my 4x4. Hiermee kan ek nou enige plek ry waar ek wil wees - ook in die lande. Ek kan nou ook proewe besoek," sê mnr. Ampie Bredenkamp van die plaas Lieberwalt, Vanderkloof, oor sy elektriese rolstoel met die lekker vet wiele wat spesiaal vir hom gebou is. Dit kom net-net en netjies gestuur deur die deuropening.

Met geesdrif begin hy sommer dadelik praat oor die boerdery waarin hy hom uitleef. "Ek is bevoorreg om te kan doen waarvan ek hou." Die bestuur en administrasie van dié besproeiingsboerdery is sy verantwoordelikheid. Hy doen alle bestellings van gifstowwe, kunsmis of enige benodigdhede en betaal die rekenings.

Die internet is handig wanneer hy bankstate nodig het vir die boerdery se boekhouding wat hy weekliks op datum hou.

Waarin hy hom egter klaarblyklik uitleef, is om heeltemal op die hoogte te bly van die graanmarkte. Hy is ingelig oor Safex, voorskotte, koop en verkoop. Hy kry sy inligting oor die internet en sy besluite "werk so nege uit die tien keer".

Ampie het aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en is 'n kenner van besproeiing. Hy was 18 jaar gelede in 'n motorongeluk tussen Koffiefontein en Luckhoff waarin hy verlam is. Hy het aan die slaap geraak agter die stuurwiel. In daardie stadium was hy besig met 'n meestersgraad wat hy toe gestaak het.

Ná die ongeluk was hy agt maande in die hospitaal en toe hy daarvandaan terugkom by die huis, het hy geleidelik by die boerdery betrokke geraak.

Sy universiteitsopleiding kom hom nou goed te pas wanneer hy die besproeiingskedulering en bemestingsprogramme vir die saaiboerdery moet uitwerk. "Die lande moet minstens 500 mm diep nat wees." Om dit vas te stel, is sy helper, mnr. Johnny Matthews, byderhand met die grondboor. "Ons gaan die proses rekenariseer met peilstiffies (probes) in die lande."

Ampie werk die bemestingsprogram deeglik uit en hou toesig dat dit korrek uitgevoer word. Hy het 'n eie perseel aan die Vrystaat-kant van die Oranjerivier waar hy heeltemal op sy eie boer. Sy pa Fanie en broers Jannie en Stephan behartig die boerdery volgens Ampie se beplanning en help hom in plant- en strooptyd op sy eie perseel.

Hy is veral opgewonde oor proewe wat hulle op die plaas doen met grondindringing van water. Hul grond het 'n hoë slik-inhoud en is redelik kalkagtig en brak. Hulle het goeie resultate behaal met geenbewerking-proewe deur die mielies direk in die koringkaf te plant.

Die waterindringing het aansienlik verbeter en die saad ontkiem ook beter omdat die grondtemperatuur laer is. Nadat die mielies gestroop is, brand hulle die lande voordat weer koring geplant word.

Soos wat Ampie geesdriftig oor die boerdery praat, kan 'n mens agter hy het sy vinger deeglik op die pols van die saaiboerdery. Die saaiery beslaan tans 400 ha met nog vier spilpunte wat opgerig word.
Net so geesdriftig is hy oor sy 4x4-rolstoel wat 'n ander gestremde man in Krugersdorp vir hom gebou het en sy bussie wat hy vir sy vervoer laat inrig het. Hy vertel weer van die frustrasies en hoe hy voorheen gesukkel het om in die lande te kom. Nou kan hy oral bykom.

Hy ry met die 4x4 tot op die hyser van die bussie waar Johnny, wat sy regter- en linkerhand én sy voete is, hom binne-in die bussie laai. Daar ry hy tot in die middel van die bussie sodat Johnny hom kan vervoer waar hy wil wees. En met baie jare se ervaring en deernis ry Johnny stadig en versigtig oor die ongelykhede in die pad tot by die land - draai die bussie geduldig en vaardig sodat Ampie in die land kan sien en uitwys waar die mielies anders lyk waar dit in die stoppels geplant is.

Dit is ook nie te veel moeite om meer as een keer by die land "uit te klim" en reg te sit vir 'n foto nie. Wanneer die 4x4 oor die ongelykte loop, staan Johnny reg om te keer as die stoel dalk omval.

Johnny is ook in die huis wat Ampie vir hom laat inrig het met telefoon, selfoon en rekenaar en waar hy alleen woon, die man wat die handewerk van die administrasie doen.

Ampie tik self met 'n stokkie in die mond. Met sy linkerhand, wat ook die rolstoel beheer, kan hy die rekenaarmuis skuif en klik.

Hy glo 'n gestremde is meer toegewyd aan dit wat hy doen, want hy het geen ander afleiding nie. Die sukses van dinge hang daarvan af dat dit gou en reg afgehandel moet word.

Wanneer die weer nie toelaat dat hy na die lande gaan nie, skilder Ampie - 'n talent wat hy ná sy ongeluk ontdek het. Hy het verf en doeke gekry en van foto's af begin skilder - alles met die mond. "Dis baie bevredigend om te skilder - 'n uitdaging om iets te skep."

En hoe kry hy dit reg om so vrolik en blymoedig te bly ondanks sy gestremdheid? "As kind van die Here het ek my situasie aanvaar en nie daarteen geskop nie.

Ek maak die beste van die saak en bly aktief betrokke by die boerdery. Ek bly besig met graanverhandeling. Dit hou my kop besig sodat ek my nie sit en verknies nie."

15 Maart 2007

http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Net_op_die_web/0,,1294-1297_2084795,00.html

BEWARING VAN KAMPIOENBOME VAN SUID-AFRIKA

Onlangse persberigte het dit dat 21 bome aangewys is en as ons Suid-Afrikaanse amptelike Kampioene ingevolge wetgewing bewaar gaan word

Twintig is reeds aangewys onder andere die volgende:-

o Die Segole-kremetart by Pafuri is nou amptelik Suid-Afrika se grootste boom met 'n kroonwydte van 38,2m, 'n stamomtrek van 32,8m en 'n hoogte van 22 m. Koolstofdatering het bepaal die boom is sowat 2,000 jaar oud.

o Die Outeniqua-geelhoutboom by Titsikamma in die Grootbosch-staatsbos, is Suid-Afrika se beroemdste boom. Meer as 80,000 mense besoek jaarliks die boom.

o Die Poskantoorboom. 'n melkhout in Mosselbaai, is een van Suid-Afrika se geskiedkundigste bome. Die boom was glo as posbus in die 16de eeu deur Portugese seevaarders gebruik.

o Kamferbome wat drie eeue gelede by Vergelegen deur Willem Adriaan van der Stel aangeplant is, is nou kampione met historiese waarde.

Interessant vir ons familie is egter dat Prof. Brian Bredenkamp, Hoogleraar by die Bosbou Fakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch ('n hoë boom in ons familie!) ten nouste gemoeid is met hierdie prysenswaardige aksie en ons haal aan uit Beeld, Dinsdag 6 Februaire 2007:-

"die soektog na die land se hoogste boom is egter nog aan die gang, nadat die 81,5m hoë bloekom in Magoebaskloof wat aangewys sou word as die hoogste boom in Afrika in Augustus verlede jaar omgewaai is.
Daar is sterk vermoede dat die plantasie waarin die bloekom gestaan het en wat in 1906 aangeplant is, weer die hoogste boom gaan oplewer.

Prof Brian Bredenkamp, hoogleraar by die Bosbou-fakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch, sal binnekort met behulp van satelliet-tegnologie die hoogste boom in die plantasie gaan soek. Volgens van der Merwe kan die hele plantasie kampioenstatus kry. Die meeste bloekoms daarin is sowat 80m hoog."

Die lys kampioene is saamgestel 'n jaar nadat mense benoemings kon instuur.

Die stam van 'n dooie Engelse eik wat in Sophiatown gestaan het, maar wat afgekap is, is ook een van die kampioene.

Johannesburg se parke-afdeling het 'n perserveermiddel in die stomp gespuit om dit behoue te laat bly.

Die kampioenboomprojek is na aanleiding van die eik begin omdat dit besondere kulturele waarde het.

Die span boomkundiges het 'n massiewe Indiese rubbervy in die Aderne-tuin in Kaapstad gekry wat waarskynlik as Suid-Afrika se grootste uitheemse boom aangewys sal word. Dit het 'n stamomtrek van 11m en 'n kroondeursnee van meer as 44 m. Volgens die internasioenale formule is die boom net so groot as die Segole-kremetart naby Pafuri, wat pas aangewys is as Suid-Afrika se grootste boom.

Van der Merwe het gesê 'n kunstenaar ontwerp tans 'n logo wat saam met 'n inligtingsplaatjie by elke kampioenboom aangebring sal word.

Mense kan weer van Augustus benoemings instuur.

'n Benoemingsvorm is beskikbaar by www.dwaf.gov.za."

Brian werk nou saam met ons Bondskomitee en sy vertakking in ons Stamboom is pragtig op datum.

Veels geluk Brian ons is trots op jou en jou werk want dit lê so na aan ons harte. Miskien moet ons 'n spesiale "Teddie-Beer" piekniek reël as die taak afgehandel is!

Ons sal 'n kort artikel van jou waardeer vir plasing in ons volgende nuusbrief. Ons stel belang in hierdie lofwaardige bewaringsaksie.

Hennie Bredenkamp

"Die Bredenkamp Familiebond is 'n Stigterslid van die Erffenisstigting en dien met dankbaarheid en trots die volgende verslag aan alle Bredenkamps wat daaroor saamvoel en daarmee meeleef."

Geagte Vriende

Ons staan weer aan die begin van 'n nuwe finansiële jaar en by terugskoue kan ons trots wees op die optrede van die Erfenisstigting gedurende die afgelope jaar. Ek lewer graag kortliks verslag aan u oor die aanwending van u jaargeld vir 2006/2007:

o Die Erfenisstigting is betrokke by die onderhoud van die volgende terreine: Danie Theron-gedenksuil te Gatsrand, Die Bloukrans plaas in KZN (eers onlangs aan die ES oorgedra), twee van die konsentrasiekampkerkhowe te Mafikeng (nog in die proses van oordrag), en die Doornbult-kampe by die Oranjerivierstasie in die Noord-Kaap.
o Daar is vertoë gerig oor die behoud/opknapping van die volgende sake: die Krugerhuis te Boekenhoutfontein, Rustenburg; die Standbeeld van Andries Pretorius in Graaff-Reinet; stoorplek /museum vir die Kommando's; Winburg se museum, en die toekoms van die Perdestandbeeld van Strijdomplein.
o Die Erfenisstigting het steun verleen aan die Hartenbos Museum en het 'n samewerkingsooreenkoms met die Genealogiese Vereniging van N-Tvl vir die opneem van die rekords van die Genootskap in die ES se biblioteek en argiewe.

o Die Erfenisstigting neem deel aan die Forum vir Afrikaanse Kultuurorganisasies en het gedurende Oktober 2006 'n seminaar aangebied oor die erflating van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier.
o Die bedryfskoste van die Erfenisstigting behels grootliks die salarisse van drie personeellede in die Navorsingsentrum, reiskostes na die afgeleë standplase, asook die bedryf en instandhouding van die biblioteek en argiewe - 'n bedrag van R500 728 in totaal. Die VTM Art 21-Mpy absorbeer tans die res van die bedryfskoste.

Daar is begin met die grondwerke vir die oprigting van die nuwe Erfenissentrum, wat beplan word om teen die begin van 2008 voltooi te wees.

U voortgesette ondersteuning van die Erfenisstigting sal ons help om in die komende jaar die standplase onder ons beheer weer te kan opgradeer tot 'n trotse nalatenskap van ons erfenisgoedere, met sterker fokus op toerisme-bemarking. Die navorsingsentrum is besig om te groei tot 'n uitnemende dienssentrum vir die bewaring en beskikbaarstelling van geskiedkundige en kultuurhistoriese bronne in die Suid-Afrikaanse konteks, met navorsing oor familiegeskiedenis as nuwe fokuspunt.
Baie dankie aan almal wat reeds hulle jaargeld vir 2007/2008 betaal het; u gesindheid en bydraes word opreg waardeer! Ek herinner u vriendelik dat dit weer tyd is vir die hernuwing van u lidmaatskap.

Die jaargeld vir kategorie C-lede is steeds R200,00 p.j. ; kategorie B: R1 000,00 p.j.; kategorie A1 en A2: R2 000,00 p.j. Ignoreer asseblief die versoek tot hernuwing van u lidmaatskap indien u reeds betaal het of opbetaald is vir 'n tydperk. Opvolg-fakture sal gedurende Mei 2007 gestuur word - slegs waar ons boeke nog uitstaande gelde toon.

Bankbesonderhede: Erfenisstigting, ABSA Brooklyn, Tak 634-156, Rek. 405 6209 535.

Indien u 'n elektroniese-, of bankbetaling maak, dui asb. u van as verwysing aan. Dit vergemaklik identifikasie op ons bankstaat.

Vriendelike groete,

Gert Opperman
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE

Bredenkamp Nuus

Gedig deur Daryl Bredenkamp
Verweer
Hoe vreemd klink die klanke nou
van 'n lank verlore moedertaal
as ek weer per pen en tong gevou
my verweer teen die vreemde haal
uit ampervergete, waar soetsuur
herinnering teen my stamp en dring
en kleurvol geure my skouerskuur-
teensinnig terug tot die hede bring.
Ek wil vlug van dit wat stukkend is,
veeg blindelings verby 'n sinkplaatkamp
wat ongenooid in my voorhuis rus
en banaal verklaar hy dra die amp.
"Sikelele!" galm geplakte vlaktes nou
en ek, "My God, my land ek's lief vir jou."

- Daryl Bredenkamp

Bredenkamp Sterftes

BREDENKAMP Thelma van 15 Lowestoff Ave Montclair voorheen van Austerville drive. Wentworth. x + Ronald. Ma van Maggie, Gerald, Henry, Derrick, John, Olive en Cybil,skoonma, suster, ouma en oumagrootjie. Begrafnis by The Oasis Of The Lord Church Wentworth 16/02/2007.

BREDENKAMP Johannes Jacobus (Hannes) gebore 4 April 1920 sterf 12 Junie 2007

BOSHOFF Martha (Martie) nee Bredenkamp
DU PLESSIS Jac(Doepie) en Isabella(Bellie) nee Bredenkamp

Bredenkamp Geboortes

Gordon Schoombee * 12/2/2007 - Ouers Jani(nee Bredenkamp) en Nicky Schoombee



Eduan Bredenkamp * 18/3/2007 - Ouers Martin en Liezl Bredenkamp.



2007 - Kitesurfing
Hennie Bredenkamp - Nou 4de op die wereld ranglys vir GPS.

PRESS RELEASE !

BAY SPORTS HONOURS HENNIE BREEDENKAMP WITH THE BAY SPORTS -JOLUKA SAILOR OF THE YEAR AWARD 2006-2007

IN RECOGNITION FOR HIS OUTSTANDING ACHEVEMENTS IN SPEED INTERNATIONALLY AND GREAT SLALOM PERFORMANCES AND HIS CONTINUED DEDICATION TO THE DEVELOPMENT OF THE SPORT AND WE WISH HIM WELL IN HIS QUEST FOR 50KNTS .
" WE ARE PROUD TO BE ASSOCIATED WITH THIS TRUE PROFESSIONAL AND DAMN QUICK SAILOR WAGGY "



Spar Win A Car 2007 - Winners
Win a Car Winners - Congratulations to our 50 lucky winners!Mrs Chantal Bredenkamp - Mini Market SPAR Lichtenburg










Griekwaland-Wes Rugby
Van Voorname NoemNaam Jare Jare Aantal wedstryde

Bredenkamp K. Keith 1959 1963 33
Bredenkamp M.J. Mike 1895 1902 15
Bredenkamp W. * 1897 * 4
Fishing
NAME Richard Bredenkamp
SPECIES Spangled Emperor
WEIGHT 5.5 kg / 12.10 lbs
LOCATION Quobba Station (Western Australia)
BAIT\LURE\FLY Chokka
SEASON Winter
WEATHER Fine, calm seas
DATE Jun-2007
RELEASED No
NOTES: Purglass 400/3, Kingfisher 11.5kg, Daiwa Sealine x50

NAME Richard Bredenkamp
SPECIES King Mackerel
WEIGHT 25 kg / 55.00 lbs
LOCATION Quobba Station (Western Australia)
BAIT\LURE\FLY Garfish
SEASON Winter
WEATHER Fine, calm seas
DATE Jun-2007
RELEASED No
NOTES: Purglass 400/3, Kingfisher 11.5kg, Daiwa Sealine x50

Bredenkamps oorsee



Pam Bredenkamp of Signature
Studio (photography) submitted
entries in three (3) categories, and received: ( St. Louis, Missouri)
First Place in Website
(www.signaturestudio.com),
First Place in Wedding Campaign
Finalist for Image Marketing [branding]

Pam Bredenkamp

Windhoek Endurance Riding Club/ June 2007

THE Windhoek Endurance Riding Club hosted a club ride at the Elizenheim guestfarm near Windhoek last Saturday.

The ride was very successful with 67 participants. The longest distance was 100 kms, won by Karel Grünschloss on his horse Sebastiaan in a time of 7 hours 10 minutes. The other distances were 80 km, 60 km and 30 km.The route went through the farm, then along the district road to Döbra, then along the railway line to the power station, and back to the farmhouse. The attending vets were Dr Ian Baines and Dr Shephard Sajeni with his assistant, Josephine. The top results were (horse names in brackets):

Child rider 60 km: 1. Mari Bredenkamp (Melek).
Horsemanship Awards
Child/young rider: Mari Bredenkamp (Melek).
Seniors: Dhyani Berger (Kanab Elihakim).
Best child rider: Johan Wiessner

Baie dankie aan al die Bredenkamps en familie wat
navraag doen en vir ons inligting deur stuur.
Ons is altyd op soek na nuus en inligting, julle kan dit
vir ons deur stuur.

As u graag indie toekom ons nuus briewe direk wil
ontvang en nie op ons poslys is nie laat weet asb.

Bredenkamp Groete


BREDENKAMP FAMILIEBOND

Webtuiste adres -
http://bredenkamp.co.za/

Marthie Bredenkamp -
012 543 0860
082 556 7101
Redaktrise en ondervoorsitter
Knysna Laan 282 Sinoville
Pretoria.
0182
E-pos: bredenm@intekom.co.za

Hennie Bredenkamp
- 011 701 3420.
- 082 570 2803
Voorsitter
E-pos: bredens@xsinet.co.za

Bank - Bredenkampbond

-Rekening nr. 90 7187 3122

- Aktiefspaar

- Sunnyside











TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu