bredenkamp.co.za


Go to content

2008

NUUS > Nuus Briewe

Elize Pieterse nooi Bredenkamp
Kameeldrift 313Jr
11 Februarie 2008
BREDENKAMP FAMILIEBOND

AAN ALLE BONDSKOMITEELEDE

VOORSTEL VAN NUWE LEDE VIR DIE BREDENKAMP FAMILIEBOND KOMITEE

Dit is so genotuleer dat die huidige Komiteelede persone kan voorstel om ook op die Bredenkamp Familiebond Komitee te dien.

1. Hiermee wil ek vir SINDIE BOSNICH, gebore 25.01.1970, voorstel:

" Sy is 'n staatmaker. Met die onlangse reël van 'n Reunie het sy talle male my teruggeskakel en inligting verskaf waarvoor ek haar gevra het.

" Sy het die liefde vir die familie.

" Sy is 'n Staatsaanklaer, wat 'n B.Juris graad het en ook vir 'n Ouditeur gestudeer het.

" Sy is presies. Nadat ek die Nuusbrief inligting getik en vir haar deurgegee het, het sy my teruggebel en gesê dat … "na 'n komma in 'n sin kom daar net een spasie en na 'n punt kom daar twee spasies". Ons wil graag ons Bredenkamp Familibond Register presies reg hê.

" Sindie se kinders, Bianca gebore 1992, en seun Franjo gebore 1998, verg nog baie aandag van haar. Hulle gesin bly op Mooinooi.

" Sindie kan dalk die Agenda en Notule in die toekoms behartig. 'n Komitee kan nie sonder 'n riglyn funksioneer nie, daar moet aantekeninge gedoen word wat besluit is. Sindie het hiermee ingestem.

" Ek haar reeds gevra of, indien die ander Komiteelede toestemming gee, sy betrokke wil raak as 'n Komiteelid en of sy dit kan oorweeg. Sindie het dadelik ingestem en gevra ek moet eers net hoor wat die ander Komiteelede daarvan sê. Ek het haar gevra om by die Vergadering van 16 Februarie 2008 te wees, om die ander Komiteelede te ontmoet.


2. Hiermee wil ek vir DRIES BREDENKAMP voorstel:
" Dries het geen bekendstelling nodig nie want hy is al jare verantwoordelike vir ons Bredenkamp WEB tuiste.

" Dit is belangrik dat Dries op die Komitee kan dien en by Vergaderings wees om te weet wat die behoefte is om die WEB tuiste op datum te hou.


Groete
Elize Pieterse (nee Bredenkamp)
BREDENKAMP FAMILIEBOND KOMITEELID


*** ERKEN ONTVANG VAN HIERDIE VOORSTELLE ASSEBLIEF ***




TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu