Main menu:
Afsterwes 1999
Dit is met leedwese dat ons van die afsterwes van die volgende Bredenkamps verneem het.
(a1b3c2d2e6f8g2h2) James Milne BREDENKAMP * 3.7.1956
† 28.6.1999
(a1b3c2d4e4f1g1) Susanna Maria DE JAGER * 11.11.1914 Bultfontein
† 25.7.1999 begrawe in Memel begraafplaas
(a1b3c2d4e4f4g5) Johanna Hendrina NELSON
* Senekal O.V.S 15.7.1924
† Harare Zimbabwe 28.7.1999 en begrawe Harare Zimbabwe 30.7.1999
(a1b3c2d4e5f1g4) Frederick Van Biljon BREDENKAMP * 5.3.1925
† 21.10.1999
(a1b3c2d4e8f3g1h2i2) David Samuel Milne BREDENKAMP * 1.3.1992
† 21.7.1999
Afsterwes - 2000
Dit is met leedwese dat ons van die afsterwes van die volgende Bredenkamps verneem het.
(a1b3c1d2e7f1g2) Catherina Aletta MALHERBE * 20.5.1915
† 4.3.2000
(a1b3c2d2e1f2g2) Petrus Jacobus BREDENKAMP * 17.2.1919
† Thabazimbi Hospitaal 29.6.2000
Begrawe uit die Nederduits Gereformeerde Kerk op Maandag 3.7.2000 begrawe in die Thabazimbi begraafplaas.
(a1b3c2d4e8f9) Anna Sophia NIENABER * 2.5.1913
† Pretoria 2.2.2000
(a1b3c2d4e8f9g2) Luitenant Generaal Petrus Paul Johannes COETSER
* 6.6.1943
† Pretoria 2.4.2000
(a1b8c6d2e6f4) Andries Petrus (Dries) BREDENKAMP * Nooitgedacht distrik Marico 23.11.1937
† Pretoria 8.9.2000 Tegnikus
Afsterwes - 2001
Dit is met leedwese dat ons van die afsterwes van die volgende Bredenkamps verneem het.
(a1b3c2d4e8f9g1) Frederick Jan (Eric) Bredenkamp * 19.4.1944
oorlede 20.3 2001 seun van Oom Frikkie Bredenkamp
– Familie Bondvoorsitter
(a1b3c1d1e2f1g5h1i1) Barend Johannes Jacobus (Bennie)Bredenkamp
* 18.2.1951, Stasievoorman en woonagtig in Hofstraat 136, Kraaifontein.
† Maandagaand om 20.30 op 30.4.2001
Roudiens op Donderdag 3.5.2001 om 15H00 uit die NG Kerk Noord, Kraaifontein
n Bredenkamp Vermoor!
Boer - Jan Boshoff Bredenkamp (a1b3c2d4e8f2g4)
Hoe Jan Bredenkamp onthou sal word.
Die selfde dag dat daar duisende mense met wit kiste in 'n begrafnisstoet in Pretoria voor die Uniegebou saamgekom het vir 'n diens vir slagoffers van plaasaanvalle is Jan Boshoff Bredenkamp (54) gedurende die middag van 1 September 2001 by tuiste op sy plaas Lindekweesfontein te Vredefort deur swart boosgewigte onmenslik aangerand.
Niksvermoedende Jannie Bredenkamp het by sy huis gearriveer toe swartmans hom aanval en hulle hom vreeslik veniel en mishandel het. Soos afgelui is hande agteroor gedruk en gebreek, so ook sy arms. Hulle het sy bene gebreek. Toe dit nie genoeg was het hulle hom vol gate met 'n mes gesteek. Hy het 'n hou op sy agterkop weg en so ook het hulle sy gesig geskend. Daarna het hulle hom vasgemaak in sy motorhuis.
Sy vriendin Nora Swanepoel van Potchefstroom, het die Saterdagmiddag by sy woning gearriveer, waar sy op sy motor wat nog aangesluit was af gekom het. Sy het onmiddelik die stukkende venterruite aan die huis opgesien en onraad gevermoed, en dadelik het sy na die buurman Brüssow gery. Blykbaar was die aanvallers nog in die woning.
Brüssow en 'n vriend het onmiddelik na Jannie se plaas gegaan, waar hulle 'n skoot afgevuur het om vastestel of iemand nog in die woning is. Kort daana het hulle op Jannie afgekom in sy motorhuis. Die aanvallers het vemoedelik gevlug toe Nora gery het om die bure te gaan roep.
Hy kon nie eers praat nie en het sy bewussyn verloor in die ambulans op pad na Vereeniging Hospitaal waar hy later omstreeks 21.30 aan sy beserings gesterf het.
Sy brandkluis, wat nog steeds gesluit was, is paar meter van die motor gevind. Hulle het alles uit die kaste geruk, seker op soek na wapens en geld. so ver ek verstaan het hulle het niks gevat behalwe sy selfoon nie. Hoe ironies dat jou lewe net 'n selfoon werd was. Weereens besef 'n mens dat aanvallers geen respek vir menselewens het nie.
6 September 2001 is daar 'n roudiens vir Jannie gehou, om te dink dat daar so baie mense kom afskeid neem het, hulle het ingroot getalle opgedaag. Heilbron, Friksburg, Parys, Vredefort, Johannesburg, Pretoria, Australie, Amerika en nog vele anderplekke. Ek het Jannie nie geken nie maar wonder wat sy woorde sou gewees het as hy ons so almal bymekaar moes gesien het.
Dit het my hart geraak om te dink dat 'n mens wat so gewild was op so 'n wreede manier tot sy einde moes kom. Weereens wonder 'n mens wat die doel van die Here was om so 'n Christelike mens te vat en die slegte mense los sodat hulle weer 'n ander een kon vermoor. Ons weet die Here weet wat hy doen en hy het Jan Boshoff Bredenkamp kom haal en hom huistoe gevat.
Alhoewel Jannie 'n lid vandie APK Kerk was is die NG Kerk op Vredefort is gebruik om al die mense te akkomideer. Ds. Willie Botha het die diens waargeneem. Jannie sal op 'n latere staduim veras word nadat sekere ondersoeke afgehandel is.
Volgens die huldeblyk wat hulle oor hom gehad het in die kerk het ek afgelui dat Jan Boshoff Bredenkamp 'n besondere man was. Hy was blykbaar 'n baie skerpsinnige man met 'n baie goeie sin van humor. Sy fyn waarnemings vermoë om dinge te sien en mense te ontleed was vir menige mense verstommend. So ook was Jan 'n dinamiese boer, op die voorgrond met nuwe idees en vindingryke planne om sy boerdery te bestuur. Wat hy ook algedoen het, het hy met oorgawe aangepak en gedoen. Soos ek verstaan was Jannie baie betrokke by sy gemeenskap en oor sy wye kennis van alles, was hy 'n uitstekende organiseerder, gewilde gasheer, loliaal teenoor sy medemens en baie gewild in sy dorp en omliggende distrikte se mense en sy werkers. Jannie het ook 'n wye vriendskapsbande gehad met 'n intense belewenis van verskillende lande en plekke. Gedetailleerde kennis van feite en 'n groot liefde om te reis.
Ek verstaan dat Jannie vir sy eienaardighede onthou sal word, soos sy grys jas, gewapen met sy tang, tape, kryt, sakrekenaar en selfoon. Sy ongewone vermoës om datums, gebeure en verjaarsdae te onthou, dit was asof dit in sy geheue ingegraveer was. Hy het glo baie vroeg in die oggende opgestaan dan het hy oproepe aan sy bure en vriende gemaak om seker te wees hy is nie die enigste een wat wakker is nie.
Soos ek verstaan het Jannie ook 'n briljante kop vir besigheid gehad, ook om planne te maak en optelos. Sy leuse was "jou planne moes net nooit op raak nie, net die dood kan jou planne laat opraak" en dit is soos Ds. Willie die dag gesê het, Jannie se planne het opgeraak" want julle sien God het hom geroep " Kom na My toe" en Jannie het geantwoord op sy roep "ek kom", want hy het geweet dat hy na 'n beter lewe gaan.
Jannie mag jy in vrede gaan, daar waar jy heen is geen moord of hartseer nie, en eendag sal almal mekaar wat die ewigelewe bereik weer sien.
Ons simpatie gaan uit na sy kinders en familie en sal later 'n foto van hom plaas.
Marthie Bredenkamp
8 September 2001
Ps. Ek het die voorreg gehad om die familieplaas te gaan, en om so na aan geskiedenis te wees, het my so hartseer gemaak en ek sou dit eerder saam met hom wou doen want ek dink hy het baie na aan sy geskiedenis geleef en ek sou baie by hom kon geleer het oor daardie die Bredenkamp's en hulle families. Weereens het ek besef dat as jy weet van iemand wat weet van familie geskiedenis moet jy plan maak en daar uitkom want dit mag dalk net te laat wees en daardie geskiedenis is verlore.
So ook ons simpatie aan alle ander families wie ‘n geliefde aan die dood afgegee het.
Afsterwes - 2002
Dit is met leedwese dat ons van die afsterwes van die volgende Bredenkamps verneem het.
(a1b3c1d1e2f1g2h3) Gerhardus (Gert) NIEMAND * 29.3.1936
† 17.10.2002
(a1b3c1d1e2f1g3) Maria Elizabeth (Miemie) GELDENHUYS * 7.7.1918
† Hermanus 22.12.2002
Sy is begrawe in die Hermanus begraafplaas op 30.12.2002.
Sterf aan hartversakking.
(a1b3c1d1e2f1g6) Catherina Jacoba (Katy) ODENDAL * 9.9.1925
† Hermanus 3.2.2002
(a1b3c2d2e6f2g4) Deitlief Michael BREDENKAMP * 9.11.1934
† plaas Klipbankfontein Postmasburg 4.11.2002
(a1b3c12d2e5f5) Clasina Johanna OOSTHUIZEN * 13.11.1924
† Vanderbiljpark 18.9.2002
begrawe in Swartruggens
(a1b8c2d6e10f1) Andries Peterus BREDENKAMP * 28.04.1944
† 30.12.2002
Afsterwes - 2003
Dit is met leedwese dat ons van die afsterwes van die volgende Bredenkamps verneem het.
Jacomina Elizabeth Bredenkamp van die Strand en gesin met die afsterwe van haar eggenoot Isaac Christoffel BREDENKAMP * 20.10.1925 oorlede op 6.4.2003.
(a1b3c2d4e8f9g1) Ons vorige voorsitter Oom Frikkie BREDENKAMP en sy gesin met die afsterwe
van sy eggenote. Tannie Nellie na ‘n ernstige beroete aanval. Sy is in die Little Company of Mary Hospitaal op 5.6.2003 oorlede.
(a1b3c1d1e2f1g3h2) Maria Elizabeth BREDENKAMP * 10.10.1942
† Vrydag 25.7.2003,
Diens Donderdag 7 Augustus 2003 vanuit die NG Kerk Hermanus waarna haar as in haar moeder se graf geplaas is.
(a1b8c2d5e4f3) Pieter Jacobus Johannes BREDENKAMP * 16.9.1930,
† 29.10.2003
Verassingsdiens was vanuit die: Ned. Herv. Kerk, Pretoria-Wes op 3 November 2003 om 10h00
(a1b3c1d1e5f2g5h1) Christiaan David BREDENKAMP * 22 November 1939
† Pretoria 13 November 2003.
Verassingsdiens op Maandag 17 November 2003 om 10h00 vanuit die Afrikaanse Protestante Kerk Wesmoot.
Die afsterwe van Martie BREDENKAMP se ma Elizabeth Bakker * 3.8.1909 sterf op 3.9.2003 van die familie Bredenkamp en Anna Dreyer * 15.9.1911 sterf 27.9.2003 ouma van Carl Pieterse wat met Elize Bredenkamp getroud van Kameeldrift JR 313. Ons as Bredenkamps dink aan julle.
Afsterwes 2009
IN MEMORIAM – DR PIETER BREDENKAMP
Huldeblyk van Marthie Bredenkamp - Ondervoorsitter - Bredenkampbond
DR PETRUS (Pieter) HENDRIK BREDENKAMP * 07.02.1931 - † 18.10.2009
Oom Pieter Bredenkamp soos ons hom geken het.
Die man van kennis
Ek het Oom Pieter in 2000 leer ken en ons Bondslede het baie te doen gehad met mekaar die afgelope 9 jaar.
Ons was almal besig met die Bredenkamp navorsing: Ek onthou met ons Bosberade sal Oom Pieter vir my sê “Marthie kind wat sê daardie blikbrein van jou oor die familie” dit is nou my rekenaar.
Hy het altyd bewyse gesoek en niks aanvaar sonder dat daar ‘n ondersoek was oor gegewens nie.
Wanneer ons saam gery het na ‘n Bredenkampbond vergadering het hy ons altyd van sy staaltjies vertel in die onderwys dan het ek dit so baie geniet want hy het ‘n besondere manier gehad om dit te vertel. Ek het een oggend saam met hom gaan stap en sy kennis vandie veld en diere was ongelooflik goed. Ek onthou hoe hy vertel het hoe jy moet kyk na die spore en mis van diere om hulle soek.
Hy was ‘n man van vele kennis en talente.
Kyk, hy kon jou briewe deurmekaar krap as hy dit vir jou nagesien het. Dit was belangrik dat alles reg gesê en geskryf word. Ek is seker hy sou my nou oor my vingers getik het met my verkeerde taalgebuik en selfs spelling. Vir ons komiteelede was dit baie belangrik om met mekaar goed oor die weg te kom.
Ek hom opgesom het, dat hy ‘n mens was wat nooit geskroom om 'n medemens in nood te help nie en dat hy altyd op die uitkyk was vir ander se swaarkry om dit vir hulle makliker te maak, veral onder die ou mense. Ek weet hy was intens betrokke by die aftreeoord in Montana en ek is seker dit het nie saak gemaak hoe siek hy soms gevoel het nie, maar dat hy nog altyd 100% gegee het.
En dit waarmee hy betrokke was in sy lewe, het hy sy vriendekring verbreed en hy was alom bekend en bemind. Sy werk en die liefde vir die natuur hom oral laat rondreis, in en om Suid Afrika.
Oom Pieter was 'n mens met 'n goue hart en verstand en 'n wonderlike sin van humor en het alles op sy besondere manier gedoen. Niemand sal ooit weer sy plek by ons en sy passie vir genealogie en sy kan vul nie.
Aan sy familie.
God het sy diepste gevoelens geken en het tree vir tree saam met hom gestap. Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van 'n groot guru “soos Gert Bredenkamp sou sê” mede bondslid en vriend en hy was 'n persoon wat altyd vreugde veskaf het.
Tannie Annetjie en familie onthou waar angs is, bring God kalmte. waar spanning is, skenk Hy krag,
waar pyn is, verligting, waar twyfel is, geloof, waar wanhoop, bring Hy hoop, wanneer ons gewond is neem Hy die stryd oor en veg Hy vir ons wat belangrik is.
Sy geloof indie Die Heilige Gee, Ons Strydgenoot het ons opgeval
Begrafnis sal op Saterdag 24 Oktober 2009 dv om 10h00 by die NG Kerk Magalieskruin in Braam Pretorius Straat in Magalieskruin in Pretoria.
Petus Hendrik Bredenkamp is getroud met Anna(Annatjie) Elizabeth Snyders op 27 Junie 1953 in Benoni.
Hulle het 6 kinders waarvan 1 ‘n dogter is en die res is seuns
1 - Alida Maria Bredenkamp
2 - Petrus Hendrik Bredenkamp
3 - Peter Jacobus Bredenkamp
4 - Gerhard Johannes Bredenkamp
5 – Nico Johannes Bredenkamp
6 - Riaan Johan Bredenkamp
En daar is 10 kleinkinders.