Main menu:
Bredenkamp van Duitsland
Die Bredenkamps is bekend en volop. Die familietrekke is daar, die waardestelsel en godsdiens is daar en dit is verbasend hoe min ons leefwyses en lewensopvattings verskil.
Die BREDENKAMPS was van eenvoudige nederige, selfs arm landelike boere-oorsprong. Die klosterheide was swak boerderygrond waarop slegs ‘n karige bestaan gemaak kon word. Hulle het hulleself dus tot houtwerk (Tischlerei), konstruksie bouwerk, plaasarbeid en soldaatskap gewend as heenkome.



















