Main menu:
BREDENKAMP
Geskiedenis tussen 1780 en 1786
DIE ONTBREKENDE HOOFSTUK OOR ONS STAMVADER
JOHANNES CHRISTOFFEL SE SES JAAR AAN DIE OOSGRENS TUSSEN 1780 EN 1786
Vroeë dokumentasie van Johannes Christoffel BREDENKAMP is maar skraps, veral vanaf 8 Desember 1778 toe hy Vryburgerskap verkry het todat hy hom op 8 November 1787 te Roodebloemskraal gevestig het. Sekere argiefboeke is tans soek.
Onlangse ondersoeke het egter 'n paar dokumente opgelewer wat meer lig werp op hierdie tydperk en inligting bevat wat 'n hele nuwe hoofstuk tot gevolg het. Ontsyfering en ontrafeling van die ou geskrifte gee ons nuwe insig in die doen en late en wedervaringe van die familie in daardie tydperk.
Die kronologie van die dokumente dui daarop dat hy uiters vir 'n jaar of so in Roodezand, Tulbagh, Land van Waveren kon geboer het. Verdere in diepte ondersoek is nodig in die rekords van die Graaff-Reinet opgaafrolle en ander plaaslike dokumente in Ooskaap argiewe.
Die leidraad is verkry uit die HENNING familiegeskiedenis bls. 26 en 36 waar beskryf word hoe Pieter Hendrik HENNING tussen die jare 1779 en 1823 aan die Oosgrens gewoon het op die plaas "Weltevreden" langs die Vogelrivier in die Camdebo aan die voet van die groot Bruintjieshoogte berge naby die teenswoordige PEARSTON tussen Graaf Reinet en Somerset-oos. Die dokument soos uitgereik op 31 Maart 1779 deur die Kaapse Goewerneur en ook die latere voetnotas van die opsegging van die "legplaats" stem in alle detail byna 100% ooreen met die brief aan Johannes Christoffel BREDENKAMP op 8 April 1780 t.o.v. die plaas "De Bril"
Hy het hom na sy verblyf in Tulbagh omgewing blykbaar weer by 'n Vogelrivier, die keer aan die Oosgrens gaan vestig. Verdere speurwerk is nodig en die opgaafrolle van Graaff Reinet sal fyn nagesien moet word.
Die kronologie van geboekstaafde dokumentasie tans beskikbaar is soos volg:
8 Desember 1778 Johannes Christoffel BREDENKAMP word Vryburger. Slegs vir ongeveer een jaar geboer in.
Tulbagh omgewing - Roodezand - Land van Waveren.
8 April 1780 Johann Christoffel BREDENKAMP verkry 'n permit op 'n "legplaats" - '…….klip" aan die Vogelrivier in die Camdebo.
20 April 1784 Johannes Frederik BREDENKAMP word die "legplaats" De Bril aan die Vogelrivier - suidekant van Bruintjieshoogte (Pearston - Oos Kaap) toegeken
a1b3 was toe slegs 7jaar 6 maande oud.?
20 November 1786 Opseggingsbrief t.o.v. die "legplaats"
8 November 1787 "Roodebloemskraal" aan die Steenboksrivier word aan landbouer Jan Christoffel BREDENKAMP op permit basis as leningsplaas toegeken nadat hy die regte koop op 'n publieke veiling op 31 Oktober 1787 uit die boedel van Wessel WESSELS en verkoop dit in 1823 aan Kol William Holmes DUTTON (Volle besitreg is eers in 1830 ingestel)
13 April 1810 Bevestiging dat Johannes Christoffel BREDENKAMP Roodebloemskraal besit.
Die foto en dokumente en geskiedenis van die Watermeul;ens op Roodebloemskraal kom voor in die familiegeskiedenis van die WESSELS - "Die nageslag van Jan WESSELS" Dit is vandag 'n Nasionale Monument ……