bredenkamp.co.za


Go to content

Hennie en Susan

Aan ; Annetjie, kinders, kleinkinders, familie en vriende,

Dit voel onwerklik om hier in die verre Namibië te wees en te besef dat ons nie eers ? handdruk kan gee of persoonlike gebaar kan maak van ons meelewing met julle groot verlies nie.

Mag julle almal ook vertroosting vind in " Geloof, Hoop en Liefde " en al die mooi herinneringe wat julle bevoorreg is om te kan koester en Pieter se lewe in dankbaarheid kan vier soos ek seker is hy dit ook sou wou verkies.

Vir die rol wat Pieter in ons BREDENKAMP Familiebondsake oor baie jare vervul het verdien hy al ons dank en eer . Blywende indrukke sal my altyd bybly van sy kalme en rustige leiding en voorbeeld, nasorg van ons dokumentasie in keurige Afrikaans, liefde vir sy gesin en familie, liefde vir sy Skepper en die grootsheid van die natuur. Ons sal hom mis maar ek glo tog sy nalatenskap in die psige van ons Familiebond is onuitwisbaar.

Die lekker saamwerk aan ons gesamentlike liefdestaak, ons Stamregister. die heerlike wegbreek werk- en kuierdae by Mabula en Mabalingwe, die familiebyeenkomste by veral Oryx Ekopark en die vele kuier-vergaderings herroep pragtige herinneringe .

Ons lang telefoniese gesprekke oor Bondsake nadat ek en Susan na Windhoek verhuis het en sy raad en meelewing gaan ons gewis baie mis maar ek glo vas die nuwe bloed gaan voortgaan op die gebaande weg en in die toekoms nog berge versit.

Saterdagoggend sal ons in ons harte met julle verenig wees in julle hartseer ure.

Ons bid dat die Here aan julle almal vertroosting en berusting bring asook dankbaarheid vir die tyd wat Pieter se lewe aan ons almal gegun is.

Familiegroete en Liefde,

Hennie en Susan Bredenkamp,
Eros Manor 12,
Privaatsak 13365,
Windhoek,
9000.
Tel. +264 61 287 1212.


TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu