Main menu:
NUUS
BREDENKAMP FAMILIEBOND : INLIGTING EN KOMITEENUUS.
Na afloop van die Omaramba Famieliesaamtrek het die Komitee na deeglike oorweging by sy Vergadering op 13 Mei besluit om die volgende inligting te versprei sodat alle BREDENKAMPS kan weet hoe ons beoog om in die toekoms saam te werk en kontak te behou:-
1. SPESIFIEKE PRIORITEITE VAN DIE BONDSKOMITEE:-
1.1 Versorging en samestelling van die BREDENKAMP STAMREGISTER so korrek en volledig moontlik tot by minstens die – d- geslag (gebore tussen 1819 en 1854)
1.2 Die Komitee se samewerking sal aan belangstellende entoesiastiese en gewillige verteenwoordigers van gesinne of vertakkings verleen word. Met hul persoonlike insette en data sal ‘n vollediger inkleding van die volledige stamregister op datum gehou word en steeds nasorg toegepas word.
1.3 Die Komitee sal met die grootste liefde en toewyding voortgaan met gesinne of vertakkings selfs waar daar ‘n gebrek aan belangstelling en geesdrif bestaan. Persoonlike insette, vervulling en genot, beskikbare tyd en geesdriftige werklike familiepogings sal egter bepalend wees hoe hoog daar prioriteit aan so ‘n vertakking gegee word.
1.4 Voorsiening sal te alle tye gemaak word vir BREDENKAMPS uit enige Kultuur of Taalgroep mits daar belangstelling en samewerking spontaan ontstaan of reeds bestaan.
1.5 Riglyne vir BONDSLIDMAATSKAP:- SPESIFIEKE RIGLYNE – (sien ook aansoekvorm en detail op Webtuiste)
1.5.1 Lidmaatskap is vrywillig en die uitnodiging word aan alle BREDENKAMPS gerig om aan te sluit per uitnodigingsbrief.
1.5.2 Aktiewe werwing en bemarking sal op beperkte basis onderneem word Kwaliteit soos byvoorbeeld geesdrif en entoesiasme is egter belangriker as kwantiteit van lede wat by die Bond aansluit.
1.5.3 Lidmaatskapsertifikate gaan nie gratis of op gesubsideerde basis voorsien word nie. Volle kostes moet verhaal word deur die Komitee. Werklike koste beloop tans ongeveer R100.00 per persoon.
1.5.4 Aansoekvorms en detailstate is beskikbaar op die Webwerf asook ‘n voorbeeld van die Lidmaatskapsertifikaat.
Riglyne vir toekomstige BYEENKOMSTE: (sien aanhangsel met “Omaramba nabetragting” ook op Webtuiste.)
1.6 TOEKOMSTIGE REËLINGS VAN FAMILIEBYEENKOMSTE SPESIFIEKE RIGLYNE
1.6.1 Reëlings sal in toekoms slegs onderneem word op aanvraag van en in samewerking met Bredenkamps hetsy op gesin-, streek-, groep of nasionale basis.
1.6.2 Komiteelede sal op uitnodiging sodanige byeenkomste bywoon en insette lewer soos deur die organiseerders versoek. Leiding en ondersteuning is te alle tye beskikbaar
1.6.3 Die geesdrif, toewyding en harde werk van die Bondskomitee behoort weerklank te vind op voetsoolvlak en daaruit sal verdere aktiwiteite voortspruit en hopelik uitkring.
1.6.4 Daar kan van geen Bondskomiteelid verwag word om direkte koste aanspreeklikheid te aanvaar vir aktiwiteite uitsluitlik vir die daarstelling en uitbouing van die Bondsdoelstelings as daar nie genoegsame ondersteuning vir ‘n spesifieke aksie is nie.
OMARAMBA FAMILIESAAMTREK NABETRAGTING 13 MEI 2006 – BONDSKOMITEEVER GADERING:
1.7.1 Teleurgesteld met opkoms ten spyte van wye publisiteit en persoonlike kontak op landswye basis.
1.7.2 Positief oor waarde vir geesdriftige deelnemers en dankbaar vir waardering uitgespreek en voorraad drukwerk vir toekomstige gebruik.
1.7.3 Finansieël problematies vir uitbouing van Bond se Fondse en verdere aktiwiteite te befonds. Veiling van die volgende skenkings kon nie plaasvind nie.
A Kis KWV Brandewyn – beste aanbod tot datum R750.00
B Kis Roodeberg Topklas Wyn – beste aanbod to datum R1,000.00
C 4 Bottels “Bredenkamp” Gedenkwyn met Bondswapen in Houtkis beste Aanbod tot datum R800.00 Kontant Skenkings van R1,500.00 Concivil Bk R2,732.00 Hennie en Susan
Verdere skenkings sal waardeer word met minimum mikpunt R10,000.00.
Bondbesonderhede: Bank ABSA : Sinoville
TAKKODE: 632 055
SPESIALE SPAARREKENING No.: 907 187 3122
Skriftelike Tenders vir A,B of C word ingewag tot en met end Junie 2006. Kom ons werk en bou saam asseblief.
1.7.4 Lesse geleer en doelstellings vir die Bondskomitee is duidelik onderstreep ten opsigte van Prioriteite, Lidmaatskap en Organisasie van toekomstige familie byeenkomste.
1.7.5 Vir diegene wat op Omaramba was, was dit ‘n grootse ervaring en veral die paar nuwe oortuigde ondersteuners het dit absoluut die moeite werd gemaak. Baie welkom in ons midde Frans, Hendrie, Ben en Johan. Ons glo julle gaan nog ‘n waardevolle bydrae tot ons aktiwiteite lewer in die toekoms.
1.7.6 Die Komitee gaan met groot ywer en toewyding die Stamregister verder verwerk en ons selfopgelegde bewaringstake uitvoer na die beste van ons vermoeë. Ons kom reeds tussen 2 tot 9 Junie te Mabalingwe byeen om die jongste inligting tot die stamregister te verwerk.