bredenkamp.co.za


Go to content

'n Bekende in Onderwys Oorlede


'n Bekende in onderwyskringe Dr PH (Pieter) Bredenkamp is Sondag 18 Oktober 2009 na 'n stryd teen kanker in Pretoria se Wilgers Hospitaal oorlede. Dr Bredenkamp was van 1986 tot met sy aftrede in 1991 in die Uitvoerende Direkteur van Onderwys in Transvaal.

Dr Bredenkamp was van 1967 to 1975 die hoof van die Hoër Landbouskool Brits wat later die Hoërskool Wagpos geword het. Daarna was hy Inspekteur van Onderwys vir landbou onderwys en later in verskeie ander bestuurposte by Onderwys Hoofkantoor totdat hy bevorder is tot die hoogste onderwys pos in Transvaal.

Dr Bredenkamp het ook in 1979 in die buiteland navorsing gedoen oor die in diens opleiding van onderwysers, wat aanleiding gegee het tot die implimentering van verskeie indiens opleidings kursusse vir onderwysers in Suid Afrika. Dr Bredenkamp het dan ook hiervoor en vir sy bydrae tot die onderwys 'n Mede Professoraat in die Fakulteit Opvoedkunde van UNISA en 'n Ere Professoraat in die Fakulteit Opvoedkunde van RAU ontvang.

Dr Bredenkmap word oorleef deur sy vrou Annetjie, ses kinders, dertien kleinkinders en drie agter kleinkinders.

Hy is Saterdag 24 Oktober 2009 om 10H00 begrawe vanuit die NG Gemeente Magalieskruin.








TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu