Main menu:
IN MEMORIAM – DR PIETER BREDENKAMP
Huldeblyk van Marthie Bredenkamp
Ondervoorsitter - Bredenkampbond
DR PETRUS (Pieter) HENDRIK BREDENKAMP * 07.02.1931 - † 18.10.2009
Oom Pieter Bredenkamp soos ons hom geken het.
Die man van kennis
Ek het Oom Pieter in 2000 leer ken en ons Bondslede het baie te doen gehad met mekaar die afgelope 9 jaar.
Ons was almal besig met die Bredenkamp navorsing: Ek onthou met ons Bosberade sal Oom Pieter vir my sê “Marthie kind wat sê daardie blikbrein van jou oor die familie” dit is nou my rekenaar.
Hy het altyd bewyse gesoek en niks aanvaar sonder dat daar ‘n ondersoek was oor gegewens nie.
Wanneer ons saam gery het na ‘n Bredenkampbond vergadering het hy ons altyd van sy staaltjies vertel in die onderwys dan het ek dit so baie geniet want hy het ‘n besondere manier gehad om dit te vertel. Ek het een oggend saam met hom gaan stap en sy kennis vandie veld en diere was ongelooflik goed. Ek onthou hoe hy vertel het hoe jy moet kyk na die spore en mis van diere om hulle soek.
Hy was ‘n man van vele kennis en talente.
Kyk, hy kon jou briewe deurmekaar krap as hy dit vir jou nagesien het. Dit was belangrik dat alles reg gesê en geskryf word. Ek is seker hy sou my nou oor my vingers getik het met my verkeerde taalgebuik en selfs spelling. Vir ons komiteelede was dit baie belangrik om met mekaar goed oor die weg te kom.
Ek hom opgesom het, dat hy ‘n mens was wat nooit geskroom om 'n medemens in nood te help nie en dat hy altyd op die uitkyk was vir ander se swaarkry om dit vir hulle makliker te maak, veral onder die ou mense. Ek weet hy was intens betrokke by die aftreeoord in Montana en ek is seker dit het nie saak gemaak hoe siek hy soms gevoel het nie, maar dat hy nog altyd 100% gegee het.
En dit waarmee hy betrokke was in sy lewe, het hy sy vriendekring verbreed en hy was alom bekend en bemind. Sy werk en die liefde vir die natuur hom oral laat rondreis, in en om Suid Afrika.
Oom Pieter was 'n mens met 'n goue hart en verstand en 'n wonderlike sin van humor en het alles op sy besondere manier gedoen. Niemand sal ooit weer sy plek by ons en sy passie vir genealogie en sy kan vul nie.
Aan sy familie.
God het sy diepste gevoelens geken en het tree vir tree saam met hom gestap. Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van 'n groot guru “soos Gert Bredenkamp sou sê” mede bondslid en vriend en hy was 'n persoon wat altyd vreugde veskaf het.
Tannie Annetjie en familie onthou waar angs is, bring God kalmte. waar spanning is, skenk Hy krag,
waar pyn is, verligting, waar twyfel is, geloof, waar wanhoop, bring Hy hoop, wanneer ons gewond is neem Hy die stryd oor en veg Hy vir ons wat belangrik is.
Sy geloof indie Die Heilige Gee, Ons Strydgenoot het ons opgeval
Begrafnis was op Saterdag 24 Oktober 2009 dv om 10h00 by die NG Kerk Magalieskruin in Braam Pretorius Straat in Magalieskruin in Pretoria gehou.
Petus Hendrik Bredenkamp is getroud met Anna(Annatjie) Elizabeth Snyders op 27 Junie 1953 in Benoni.
Hulle het 6 kinders waarvan 1 ‘n dogter is en die res is seuns
1 - Alida Maria Bredenkamp
2 - Petrus Hendrik Bredenkamp
3 - Peter Jacobus Bredenkamp
4 - Gerhard Johannes Bredenkamp
5 – Nico Johannes Bredenkamp
6 - Riaan Johan Bredenkamp
En daar 10 kleinkinders.