Main menu:
NUUS > Nuus Briewe > 2002
Nuusbrief - 2/200
( Download in MS Word Formaat)
Weereens n hartlike groet aan u almal namens die komiteelede van die Bredenkamp Familiebond. U sal opmerk dat daar steeds vordering is wat ons Bredenkamp Familie se aangeleenthede betref. (het u al iets opgemerk?) Ons hoop u sal die nuus interessant vind en die ontwikkelinge met genoegdoening en trots belewe. Lees sommer so kuier-kuier.
Die Bredenkamp Familiebond: Grondwet en Wapen
Ten einde die Familiebond se wapen te kon registreer by die Departement Heraldiek moes ons n goedgekeurde grondwet voorlκ. Nadat die komitee na voorbeelde gekyk het is n konsepgrondwet opgestel deur ons eie mense wat die regsgeldigheid daarvan sou verseker. n Groot dankie aan ons twee advokate Ben en Ig Bredenkamp wat die grondwet opgestel het en finaal aan ons besorg het (met nog n dankie dat dit gratis was!!) Tydens die saamtrek op 4 Mei 2002 te Oryx Eko Park is die grondwet aanvaar en is die Bondwapen ook goedgekeur vir voorlegging. By die saamtrek was Marcel van Rossum van die Staatsheraldikus se kantoor ook teenwoordig om ons in te lig oor hulle vereistes en het ons verseker dat die wapen in alle opsigte voldoen aan die wet. Ons het n skrywe ontvang, gedateer 26 Augustus 2002 dat die registrasie van die wapen vir die Bredenkamp Familiebond gepubliseer sal word nadat op 19 Julie 2002 kennis gegee was van die voorneme en geen beswaar ingedien was nie. Die registrasie is nou afgehandel en elkeen wat lid is van die Familiebond kan van die wapen gebruik maak.
Lidmaatskap van die Bredenkamp Familiebond
Volgens die grondwet kan die volgende persone lidmaatskap verkry:
(i) Persone wat reeds die ouderdom van 18 jaar bereik het.
(ii) Die draer is / was van die BREDENKAMP van en wie se ouers, voogde en / of eggenoot n direkte afstammeling is / was van die BREDENKAMP-stamnaam.
Ten einde gemelde lidmaatskap te verwerf kan enige persoon wat aan bogemelde vereistes voldoen op die voorgeskrewe aansoekvorm om lidmaatskap van die Familiebond aansoek doen. Die bestuur sal die aansoek oorweeg en kan sodanige aansoek aanvaar, onderworpe aan enige geldige uitsonderings in die diskresie van die bestuur. Die bestuur sal besluit ten opsigte van n eenmalige intreelidmaatskapfooi wat gemelde lid lewenslange lidmaatskap sal besorg of n jaarlikse lidmaatskapfooi.
SLUIT ASB AAN BY DIE BREDENKAMP FAMILIEBOND
Die Bredenkamp Familiebond het ontstaan uit die BREDENKAMPs vir die BREDENKAMPs. Omdat ons baie trots op ons familiebond se prestasies is en u graag as lid daarvan wil werf, wil ons aan u meedeel wat die familiebond al sedert sy stigting gedurende 2000 vermag het:
Ons bou die BREDENKAMP geslagregister en familiegeskiedenis wat opgestel is, voortdurend uit, deur alle nuwe informasie by te werk. Hoewel die eerste boekie in 1968 gedruk is en uitverkoop is, ons ideal is om in die toekoms 'n opgedateerde boek te publiseer.
Die BREDENKAMP familiewapen is by die Staatsheraldikus geregistreer. Die BREDENKAMPs is een van min Suid-Afrikaanse families wat 'n geregistreerde wapen het.
Sedert 2000 is begin om 'n nuusbriewe uit te reik en word beoog om daarmee vol te hou. In die nuusbrief word alle nuuswaardige berigte wat vir die BREDENKAMPs van belang is, gepubliseer.
Ons het gedurende 2001 en 2002 in Gauteng, BREDENKAMP familiefeeste te Oryx Eko Park gehou. Dit was reuse suksesse en ons wil dit graag n jaarlikse geleentheid maak. Ten spyte van dit wat ons al vermag het, waarin ons lede ten volle gedeel het, het ons nog verskeie doelwitte en ideale, waarvan die belangrikste sekerlik die instandhouding van ons geslagsregister, familiegeskiedenis en beplanning van n familiemuseum is.
Om dit alles te vermag, het ons egter die ondersteuning van alle BREDENKAMPs - U INKLUIS - nodig. Hoe meer lede ons het, hoe makliker is dit om ons ideale en doelwitte te bereik. Die enigste verpligting wat lidmaatskap vir u inhou is dat lidmaatskapfooie betaal moet word. n Eenmalige toetreefooi van R100.00 verseker u lidmaatskap. U kan dan 'n jaarlikse fooi van R50,00 betaal om koste van nuusbriewe en administrasie te dek of u kan 'n eenmalige bedrag van R200,00 betaal wat vir u lewenslange lidmaatskap waarborg. Ons sou graag wou gesien het dat lidmaatskap gratis moes wees, dog in hierdie duur tye waarin ons lewe, is dit nie moontlik nie. Net die administrasie van die familiebond - briewe, seλls, koeverte, die nuusbrief, ensovoorts - verg groot bedrae geld.
Ons glo dat afgesien van die direkte voordele wat uself uit lidmaatskap kry, ons BREDENKAMP nageslag die grootste voordele uit die familiebond sal put - byvoorbeeld die opteken van die BREDENKAMP geskiedenis.
Hiermee saam vind u 'n aansoekvorm. Moet asseblief nie huiwer om telefonies met my in verbinding te tree indien u enige navraag het nie. Nadat u aangesluit het sal 'n lidmaatskapsertifikaat met die BREDENKAMP wapen in volkleur en ander tersaaklike dokumente aan u gestuur word. Ons wil werklik 'n beroep op u doen om hierdie verdienstelike saak te ondersteun.
Wanneer n Bredenkamp as man/vader van n gesin lidmaatskap verkry is die gesin dus lede. Dit geld ook as die vrou/moeder se nooiensvan Bredenkamp is. In so n geval behou die kinders lidmaatskap tot op die ouderdom van 21 jaar, wanneer hulle self dan as Bredenkamp aansoek kan doen om lidmaatskap.
Goeie nuus vir die BREDENKAMPs bo 70 jaar is dat die die eerste jaarlikse fooi van R50.00 aan hulle lewenslange lidmaatskap besorg sonder enige verdere koste.
Aansoekvorm
Vul die vorm in, druk dit uit op u drukker en pos dit aan ons saam met u toetreefooi of faks die vorm saam met die bank strokie na 012 543 0860 na 17h00.
AANSOEK OM LIDMAATSKAP VAN DIE BREDENKAMP FAMILIEBOND
Volle naam en Van van aansoeker
Geboortedatum
..
.. Noemnaam
.
Nooiensvan (Indien van toepassing)
.
Volle naam en Van van eggenoot/ote
...
Noemnaam van eggenoot/ote
. Geboortedatum
...
Volle name van ouers van aansoeker (nooiensvan van moeder, asb)
Vader
.
Moeder
..
Aantal lede in gesin:
.
.
Posadres
Woonadres
..
Telefoon no
.. Faks no
E-Pos:
Webblad adres indien beskikbaar:
...
Lidmaatskapfooie (Merk 1 en 2 vir 70 jaar en ouer)
( Jonger as 70 jaar 1 en 3of 4)
1. ? My toetree fooi van R100.00.
2. ? My lewenslange enkel fooi van R50.00 as 70 jarige en ouer.
3. ? My lewenslange fooi van R200.00
4. ? My eerste jaarlikse fooi van R50.00
Handtekening van Aansoeker:
....................................
Elke persoon wat aansoek wil doen moet die aangehegte vorm voltooi en aanstuur na die volgende adres:
Marthie Bredenkamp. Knysnalaan 282, Sinoville, Pretoria, 0182
Of stuur per e-pos na bredenm@intekom.co.za
Bredenkamp Familiebond, ABSA Bank, Sunnyside Tak - Active Savings
Account No. 90-7187-3122
Byeenkoms te Oryx Eko Park op 4 Mei 2002
Die byeenkoms was goed bygewoon en dit was baie aangenaam. Vir die wat die vorige jaar ook daar was was dit n heerlike reunie!!! Daar was lekker gesels en gekuier en geλet! Ons het die volgende brief ontvang:
Hi Marthie
A few lines to say in appreciation of the gathering last Saturday.Though the attendance was less it was still enjoyable. The spirit was greater in comparison to last year's get together which was in a way more of a come look and hear thing. I think the achievements of your committee has more to do with Saturday's successful outcome if I may say so.
This was evidenced by the much awaited family crest. What a lot of work has been put into it.
The dedication was just wonderful and in appreciation of this I will be remitting a further R50 later this month.
Might we all meet again in May next year?
Congratulations
Denis and Jocelyn
Dan was daar ook twee briefies van persone wat spyt was dat hulle nie daar was nie
Hi Marthie
Dankie vir die nuusbrief.
Ek is beslis spyt dat ek nie op 4 Mei daar sal kan wees nie. Dit sal nie sondermeer gebeur dat ek in die middel van 'n semester kan deelneem aan funksies nie, maar een van die dae is ek afgetree en dan is ek daar. Ek stuur solank my broer om ons klomp te verteenwoordig!
Alle seλn
Brian
Beste Marthie en al die Bredenkamps
Baie dankie vir die nuusbriewe en al die inligting. Soos ek onlangs vir dr Pieter laat weet het, het ons Potchefstromers daarna uitgesien om op 4 Mei die dag saam met julle te geniet. Weens my onverwagse ongesteldheid en tot ons groot spyt sal ons egter ongelukkig nie meer kan kom nie. My oom, dr Frikkie Bredenkamp, sou ook saamkom. Indien omstandighede dit toelaat, sal ons laat weet as ons wel daar kan wees. Hou ons asb op hoogte met verdere nuus. Ons hoop om minstens volgende keer saam te kuier. Intussen gaan ons die Bredenkamps van hierdie omstreke probeer bymekaar kry. Ons sal julle op hoogte hou. Dankie vir julle inisiatiewe. Indien ons hulp andersins nodig is, laat weet gerus.
Dra asb ons groete aan almal by die saamtrek oor.
Vriendelike Bredenkamp-groete
Pieter, Estette, Jannie en Braam Bredenkamp ook namens dr Frikkie Bredenkamp.
EN NOU:
Die jaar staan einde se kant toe en ons vertrou dat ons in die volgende jaar weer so kan maak. Laat weet of n vakansiedag soos Donderdag 1 Mei 2003 of n Saterdag soos bv. 3 Mei 2003 of 10 Mei 2003 sou verkies. Laat weet asb vir Marthie (012) 543 0860 of Pieter (012) 547 4202 sodat die komitee vroegtydig kan beplan en bekend maak
Die Bredenkamps laat hoor van naby maar ook van heinde en verre!
Daar heers groot belangstelling onder die Bredenkamps dis seker! Hier volg uittreksels uit n paar briewe:
Hallo Marthie,
Ek het jou advertensie in die Rapport gesien en het my pa dadelik geskakel wat in Standerton woon. Ek is tans in Bloemfontein en vir my ouma wat reeds 96 jaar oud is en in sorg is in Potchefstroom, sal so iets vir haar baie hartseer van lekkerkry wees. Ek het my pa reeds van julle vertel en hy sal met julle kontak maak.
Dankie vir jou moeite om ons Bredenkamps bymekaar te hou in so 'n tyd en lewe soos vandag se tyd.
Groete
Kobus Bredenkamp
Dear Marthie
I have received your email, thank you. I believe the Bredenkamp meeting was a great success and hope that we can all continue to keep in touch through some means over the coming years.
I left South Africa in Jan 1993 for the UK and remained there until March 30th this year. I have now moved to Canada with my wife and daughter.
Francis Braden
Hallo Marthie,
Ek was so bly om te sien daar is nog Bredenkamps waarvan ek nie geweet het nie! Ek is van Postmasburg in die Noord Kaap se spul! Op die oomblik bly ek in California en ek sien toe nou een aand op tv 'n advertensie vir geneology.com. Net daar besluit ek toe om te kyk of daar iets oor die Bredenkamps is. Daar kry ek toe die Bredenkamp nuusbrief!
Ek is 'n seun van Pieter (Petrus Johannes) Bredenkamp van die plaas Wolhaarkop in die Postmasburg distrik. Die plaas is al van 1884 af in ons familie en "still going strong". Daar was op 'n stadium 'n hele klomp Bredenkamps in Postmasburg. Met die tyd het hulle baie minder geword. Weet jy van ons? Wat weet jy van ons?
O ja, ek is Jan Frederik Bredenkamp, gebore 20/10/1967 in Postmasburg.
Laat weet asseblief!
Groete uit die VSA.
JAN F Bredenkamp
Marthie:
Thank you for sending me your newsletter in a format that my computer could read! I was truly amazed and blessed to read about your family and all of the Bredenkamps over in South Africa. I had no idea! It was wonderful to read about Christoffel Bredenkamp and all of the South African Bredenkamps history.
I live in the United States in the State of North Carolina. I am an Agriculturalist (Horticulture) with North Carolina State University in 2 mountain counties of the Smoky Mountain region of Western North Carolina. My job is to work with the vegetable farmers, Christmas tree growers and the nurserymen in raising their crops.
Most of the Bredenkamps that I'm familiar with live in either Missouri or Minnesota. Soon in early May my parents: Ray and Kathy Bredenkamp will be celebrating their 50th Wedding Anniversary in Minnesota.
Most of the Bredenkamps in the US will be coming which is not too many (30 or so). I have already shared your newsletter by e-mail to my older sister, Pat Bredenkamp and my younger brother Ted Bredenkamp. I hope this is okay? I plan to share your newsletter with other Bredenkamps here at my parents 50th Anniversry celebration
I know they like me will be blessed to learn more about our "long distance relatives" in South Africa, Zimbabwe, Pretoria etc.
In time I will try to get you whatever genealogical information that the US Bredenkamps have put together. I had an Aunt Rena Bredenkamp Otten who married in her early 40's (my dad's sister) now deceased who put together a lot of family history. I will try and get this information to you.
Well.. I look forward to our future correspondence! Marthie, sprechen sie Deutsch oder Dutch? Ich versuche Deutsch lernen.
Haben sie eine gute tage! deine americanerin freundin,
Christine L Bredenkamp
Marthie!
Baie dankie vir die Epos EN die foto - dit is sommer lekker om so iets te kry!
Baie, baie dankie ook vir jou en oom Frikkie en al die ander se moeite en entoesiasme en harde werk, dit word regtig baie waardeer. Die Bredenkamp-geskiedenis begin nou so spoed optel, ek begin nou spyt raak ek het die "job" hier in die Kaap gevat!!!!!
My pa, James Milne Bredenkamp is hierdie jaar 81 jaar oud op 5 April - ek en my vrou het verlede jaar 2000 al die kinders en kleinkinders bymekaar gekry en sy 80ste verjaarsdag SAAM met sy en my ma Yvonne (eintlik Martha Louise) se 50ste troudag-herdenking gevier. Ek sal 'n foto of wat probeer elektronies aanstuur.
My pa se suster, Tannie Takkie Bornman (Magdalena Petronella) verjaar op 22 Maart en is dan 78 jaar oud.
Baie dankie weereens en sterkte met die navorsing!
Pierre
Dr Pierre L Bredenkamp
Bestuurder: Akademiese Steundienste
Fakulteit Gesondheidswetenskappe US
Hallo Marthie Bredenkamp.
Jy sal nou nie glo hoekom ek die brief aan jou skryf nie. Wel kom ek jou nou eers vertel waar ek bly en wat nou eindelik vir my so wonderlik is.
Ek en my familie woon in Vancouver Kanada ons is oorspronklik van Suid Afrika waar ons 18 jaar in Rooihuiskraal gewoon het.
Ek het 21 jaar by die TPA gewerk in Pretoria waar oom Ben Bredenkamp en sy seun Dries Bredenkamp gewerk het. Wel ek ken hulle altwee baie goed en toe ek deur jou webpage gaan kom ek toe op oom Ben af, ek kon my oλ nie glo nie jy moet weet ek het hom baie jare laas gesien, laas toe hy met pensioen gegaan het en soos jy self seker weet, dit is baie lank terug.
Marthie ek stuur my webpage vir jou as dit moontlik is wys dit vir oom Ben en ook vir sy seun Dries ek sal graag wil hoor of hulle kan glo wat nou gebeur het en of hulle my nog kan onthou, jy weet hulle weet glad nie dat ek nou in Kanada is nie so ek dink dit gaan 'n verrassing wees.
Jammer dat ek jou nou moet opsaal met so iets, maar dit was nou heel toevallig dat ek op jou webpage afgekom het. Jy doen wonderlike werk vir die Bredenkamp familie. Groete aan al die Suid Afrikaaners en glo my ons mis hulle baie.
Delean Van Der Merwe
Hi Marthie
Thank you for the newsletter. Just looking at the names, I wonder if the Bredenkamps that I "belong to" have been included in your research. Here aresome names:
My father was Mathuys Petrus Bredenkamp, born on 17 August 1914 in Hoopstad, Free State. He was one of 10 children of Hendrik Bredenkamp who died in Pietermaritzburg in the late 1950s. My father's surviving brothers are Hendrik, Jan and Marius. Manie and Pieter have died. His only surviving sister is Anna, twin of Hendrik. Susan (Sannie) died in Ladysmith last year at the age of 96 and Martie and Loekie died 30+ years ago.
My father's brother Hendrik and sister Anna both live in Pretoria and know all the family history. However, if you have tracked us down, please let me know. I'd like to know more about the Bredenkamp Clan around the world.
Kind regards
Peter Bredenkamp
Geagte Marthie,
My dogter in Pretoria het my van jou e-posadres voorsien en ook van jou versoek om hulp mbt enige inligting omtrent die Bredenkamp families vir navorsingdoeleindes. Aangeheg moontlike inligting van belang soos deur my oorlede moeder (was Bredenkamp) in haar Bybel opgeteken. Ek sal graag wil help indien moontlik en verneem ook graag van jou oor jou vordering.
Bennie Grobler
Geagte Martie,
In 1822 was Cornelis Christoffel Lodewyk Bredenkamp wie met Margaretha Jacoba Otto getroud was een van die 408 vername wynboere in die Kaap Kolonie. Hy het op Roodebloemkraal aan die voet van die Swartberg 25 000 wingerd- stokke gehad. Hy het 7 leggers wyn gepars. Bron: D. J. van Zyl Kaapse Wyn en Brandewyn 1795-1860 pp 314,317 + 325
Groete Tizzie
Caledon Museum
Dear Marti
My name is Lucielle Burger (nee Bredenkamp) and I was born on the 29 May 1974, to Barend Godfried Bredenkamp and Constance Ruth Bredenkamp, formerly Willows (nee Barker).
My dad was born on the 18 November 1923 in Prieska and died on the 15 September 1982 in Port Elizabeth. I am in possession of all his personal documents eg. Birth certificate, school reports, testimonials etc.
He had three sisters, Hendrina Kruger, Lucy Coetzee and Joey(Josephine), I do not know her surname. His parents names as far as I know were Lucia Sophia Bredenkamp (nee van der Walt) and Barend Godfried Bredenkamp.
I have only recently moved to Gauteng and it was purely by chance that the company I work for deals with Pam Bredenkamp and she told me about you and your "investigations".
I have always been interested in my family's heritage, but unfortunately I have lost contact with my dad's family.
I also have two half-brothers from my dad's first marriage. I will find out his ex-wife's name from my mom when I go to East London next week. My brothers names are Leo and Andre. They each have one daughter - Leo's daughter is Celestine and Andre's is Atascha. Her mother was Rosette.
Could you let me know what other information you are wanting and when I go home to my mom next week I can Quiz her on her Bredenkamp family knowledge. I would be very interested in any other information you can give me regarding my family history
I look forward to hearing from you
Lucielle
Die belanstelling, interesante mededelings ens., skep by ons n vuur van entoesiasme. Geen wonder dat daar land en sand gesels word as Bredenkamps bymerkaar kom.