bredenkamp.co.za


Go to content

REUNIES

DIE BREDENKAMP BOND:vir alle Bredenkamps - Saamkuierdae



Ná jare se navorsing as Bredenkamps, was daar groot steun vir die gedagte om as Bredenkamps die familiebande voort te sit.

Op 21 April 2001 is 'n eerste saamkuierdag deur die komitee gereël en gehou by Oryx Eko Park in Pretoria. Daar was soos verwag kan lekker gesels en staaltjies uitgeruil en ook besin oor ons eintlike doel. Lekker saamkuier was beslis die hoogte punt op ons lysie. Die saamkuier het nou gereëlde byeenkomste geword veral ook in ander streke, met die saamkuier word daar belangrike inligting uit geruil en veskaf. Elke persoon word aangemoedig om iets reël in hulle streek. Behalwe vir die vreugde van saamkuier wil ons tog mekaar ondersteun waar nodig.

Sedertdien word daar by verskillende dorpe saamkuier en het ons ook 'n baie gesellige en jolige braaivleisse Ons getalle het ook toegeneem en alle Bredenkamps is baie welkom om aan te sluit. Dit was vir almal teenwoordige ‘n besondere voorreg om die byeenkomste saam te beleef en dit maak die gemis as familie saam wees vir ons nog swaarder.

Dit was ‘n uiters geslaagde byeenkomste en afhangend van die belangstelling sal ons probeer om dit ‘n jaarlikse instelling temaak by Oryk Eko Park wat die Bredenkamps op alle gebiede sal saamsnoer.

Kontak Marthie by 012 543 0860 of enigeen van die ander komitee lede om aan te sluit, navrae en om inligting te deel of korrigeer.

Bredenkamp Reünie 5 Junie 2004 en Oom Frikkie Bredenkamp se 90ste verjaarsdag.

Die reëlingskomitee van die Bredenkamp Familiebond beplan 'n familie byeenkoms vir alle Bredenkamps. Bredekamps en afstammelinge van Johannes Christoffel BREDENKAMP (1739 - 1801) op 5 Junie 2004 om 9h30 by Oryx Eko Park net oos van Pretoria.

Dit sal die vorm van 'n bring en braai wees. Pap, sous, vure, kookwater sal voorsien word. Bring eie eetgerei, stoele, komberse om op te sit, kos en drinkgoed saam. Graag sal ons al die bekende gesigte daar wil sien want julle het al naby familie geword en ook sal ons nuwe gesigte verwelkom want ons wil julle almal leer ken.

Die dag word ook ‘n eerbetoon vir Oom Frikkie Bredenkamp gereël wat 90 jaar oud word. Ons vra ons Bredenkamps om die belangrike dag met ons te deel. Kom ons maak dit vir hom onvergeetlik en daag op by die hordes.

Daar gaan "Bredenkamp Wors" te koop wees van die ou Bredenkamp familie-resepte wat ons ontdek het en wat te koop sal wees by die braai. Daar gaan ‘n regte veiling gehou word. As julle eie iets van waarde het en wil van dit ontslae wil raak, skenk dit asb aan die Bredenkamp Bond vir ons fondse, ons sal dit daardie dag opveil. Daar gaan ook items weesom te koop waarop ons Bondswapen op gegraveer is. Ook gaan ons ‘n looting reël op ‘n bottel wyn en 2 wynglase in ‘n mooi verpakking wat met ons Bondswapen gegraveer is. Die fondse wil ons gebruik om ou familie begraafplase te bewaar vir verdere navorsing en die finale samestelling van ons Familie Kronieke en Stamboom..

Kom geniet die dag saam met ons, word 'n Bondslid as jy nog nie een is nie en help saam om ons historiese erfenis te bewaar!



Clarens 1.3.2003

Vrydag vroeg oggend vertrek van ons komiteelede na Clarens waar ons as Bredenkamps gaan saamkuier op Saturdag. Baie opgewonde, vir my nog 'n stukkie goud in my pot en nog 'n legkaart om te bou.
(a1b3c2d4e4f3g2) Theunis Van Andel (Kammetjie) is gebore op Paul Roux distrik Bethlehem op 31.8.1921 en sterf in Bethlehem op 10.12.1987, Hy boer op die erfplase Trentham en Berlin distrik Bethlehen wat eers aan die Roos familie behoort het. Hy en Helena Dorothea (Thea) Roos is getroud is op 18.9.1948. Thea is gebore op 30.12.1924.

Hulle kinders Johann, Bess, Niel en Tappie is daar gebore en groot geword.

Theunis van Andel was 'n polospeler met heelwat medals vir ons om te bewonder.

Tannie Emma Booth, haar seun Charles en Annie het ook vir ons kom kuier. Annie het eers gaan fiets ry, sy is 'n kampioen as dit kom by fiets ry. Denis Bredenkamp was ook by en jammer ons het Joselyn gemis maar sy moes kinders oppas.

Die gasvryheid wat ons ontvang het van ons gashere en gasvrou Johan, Bess, Niel en Tappie was uit die boonste rakke. Ook vir die kuier op Tramtram distrik Bethlehem.

Berlin is so waar 'n plek waar 'n mens kan gaan om te droom en is nou in omskep in 'n gaste huis.

Baie dankie vir almal se insette deelname vandie dag.
Baie dankie aan die bondslede Gert, Sarie, en Jannie Bredenkamp wat dit moontlik gemaak het om as lede saam met die familie te kon kuier.



Foto's en saamgestel deur

Marthie Bredenkamp

15.7.2003


TUISBLAD | BREDENKAMP | NUUS | VERGADERINGS | ITEMS TE KOOP | FOTO GALLERY | LIDMAATSKAPVORM | ANDER VORMS | RESEPTE | AFSTERWES | BABAS | REUNIES | DUITSLAND | SPESIALE DAE | TEKEN GASTE BOEK | KONTAK ONS | Site Map


Back to content | Back to main menu