Main menu:
BREDENKAMP
Stamboom
Direkte lyne van Bondslede
Hierdie is die derekte genealogiese lyne van bonds lede. Ons sal dit waardeer as julle, julle eie lyne vir ons aanstuur sodat ons die stamboom kan opdatum bring en hou.
(1) (a1b3c2d2e1f4g2h2) Jan Christiaan (Jannie) Bredenkamp en Martha Louisa Strydom
Johannes Christoffel BREDENKAMP (BREITENKAMP) * 1739 Herford, Duitsland
Boer 24.12.1801 op die ouderdom van 62jaar x Tulbagh 8.12.1771 Johanna Jacoba COETSEE (Anna) (Coetze,Couche, Coetzee of Koetze)
~ 21.4.1753 1830 dv Cornelis Coetsee en Aletta Lubbe
Daar word verwys na haar as Johanna Jacoba Koetze in haar boedel.
(a1b3) Jan Frederik BREDENKAMP * Stellenbosch Swellendam
Buite eglike verhouding met Maria Elizabeth HYSENBERG (Heysenbergh)
dv Antonie Heysenberg en Helena v.d.K .
Op 23 Januarie 1801 is die tweeling seuns Barend en Jan Frederik gedoop.
Hulle is gebore en het groot geword op die plaas Steenboksrivier en Hartebeest
Rivier distrik Caledon en bly daar tot met hulle dood.
Op die tweeling se doopse๋ls word na haar verwys as Maria ongedoopte bastert Hottentot.
x Swartland 28.3.1803 Beatrix Hendrina Helena SLABBERT ~ Kaapstad 1.2.1784
vier kinders Zwartland 19.2.1819 op ouderdom van 35 jaar
dv Jacobus Slabbert en Beatrix Hendrina van der Westhuizen
xx Swartland 18.2.1821 Johanna Maria Catharina DE KOCK, wed. van Pieter Lambrecht
dv Michiel Johannes De Kock en Magdalena Petronella Le Roux
[Uit die boek van C P de la Harpe Grootplaas se Mense verskyn die volgende inligting.
Volgens die testament van Johannes Jacobus Tesselaar MOOC 7/1/61 NR.2. is die volgende veranderings aangebring en n inskrywing is gemaak op 29 Desember 1804 van die die egpaar wat reeds vir 30 jaar kinderloos was, die plaas Hartebeestrivier word aan die susters en susterskinders bemaak nl. Elizabeth, Alida, Aletta en Christina Hysenberg en Barend en Jan Frederik Bredenkamp.
Die volgende inskrywing in die testament gedateer 12 September 1809,
lui dat die plaas Hartebeestrivier met alles daarop bemaak word aan Joggom Koert, Gert Gertse, Jan Gertse, Barend Bredenkamp, Jan Frederik Bredenkamp, Alida Hysenberg, Christina Hysenberg, Elizabeth Hysenberg en Aletta Hysenberg en hulle nakomelinge.
Barend en Jan Frederik Bredenkamp se nageslag word opgeneem in die blanke gemeenskap. Van die nasate bly dan nog steeds daar. So maak die nageslag van die res van die erfgename vandag, die kleurling bevolking van die plaas uit.
Op 6 Oktober 1809 word daar nog n volledige testament opgemaak. In die vorige testament was die dokumente nie wettig nie, want dit was onvoldoende onderteken. Weereens word bemaking van Hartebeestrivier bekragtig. In die testament word 14 slawe kinders oorgedra aan n verskeidenheid van mense, meesal die erfgename van Hartebeestrivier, soos bo genoem.
Johannes Jacobus Tesselaar sterf laat in 1810, kinderloos. Sy testament word vertoon in weeskamer op 3 Januarie 1811.
Laastens nog iets interessant Johannes Jacobus Tesselaar teken sy naam met n kruis, dus kon hy nie skryf
(a1b3c2) Jan Frederik BREDENKAMP * Steenboksrivier Caledon 19.10.1797
~ Steenboksrivier Caledon 23.1.1801.* Boer
Kleine Elandskloof Hartbeesrivier Caledon 8.10.1871
x Swellendam 9.3.1823 Anna Margaretha OLEWAGE
* Papiesvlei distrik Caledon 23.6.1804,
~ Kaapstad 16.3.1806 met 'n ekstra inskrywing doopregister ``sorteert onder Stellenbosch'' (die distrik Stellenbosch l๊ toe nog baie uitgestrek oor die Boland en die Overberg).
(Ollewage, Ollerwagen, Olderwagen)
Hartebeest Rivier distrik Caledon 27.6.1842.
Op haar doodsertifikaat word sy opgegee as Anna Margaretha Olderwagen
Dv Christian Olderwagen en Anna Margaretha Olderwagen.
Aangehaal uit die boek van Die Ollies ,
DR.: OLWAGEN. / TR.: OLWAGEN.[D/T/AA]
xx Caledon 27.5.1844 Johanna Elizabeth FABRICIUS (wed.Milne)
* Somerset-Wes 1812 ~ 24.1.1815
Hartebeest Rivier 24.11.1895
Jan Frederik Bredenkamp was blykbaar self 'n gebore Overberger en slyt sy lewe op die plaas Hartebeest Rivier wat hy saam met sy tweelingbroer, Barend, en ander ge๋rf het van ene J.J. Tesselaar. Die grondregte wat hulle en hulle nageslagte gehad is tans onder despuut.
(a1b3c2d2) Dytlief (Duitlief, Detleff,) Christiaan BREDENKAMP
* Hartebeeste Rivier distrik Caledon 28.2.1826 ~ Caledon 25.6.1826
Sy woning in Caledon 29.7.1891 en is begrawe in die Caledon begraafplaas
Op sy ma se sterfkennis word hy aangegee as Dydlief Christian Bredenkamp.
x Caledon 22.10.1849 Eliza Hester Philippina (Elsie) MILNE * 26.1.1831
Pni๋l Du Toitspan 24.8.1871
xx Caledon. Susanna Maria VAN GRAAN * Caledon 30.3.1847
Caledon 26.6.1928 ouderdom van 81jaar
dv Lambertus Rudolf van Graan en Maria Johanna Du Toit
(a1b3c2d2e1) Jan Frederick BREDENKAMP * Caledon Kaap 1851 Boer
Plaas Jacobsfontein Noord Kaap 7.7.1894 (45j)
x Kimberley 15.7.1879 Maria Cordelia ANDERSON * Port Elizabeth 1862,
Huisvrou. Plaas Jacobsfontein distrik Hay Kimberley 30.4.1883
dv Henry L Anderson en Elizabeth Amelia Gates
xx Kimberley 14.6.1884 Maria Isabella BREDENKAMP (a1b3c2d8e2)
(a1b3c2d2e1f4) James Milne BREDENKAMP * Kaap 1889 Boer
Dwelling, Gordonshope distrik Barkly West 5.9.1921
x Danielskuil, Alida Glaudina Jacoba MOLLER
Kimberley Hospitaal 1.10.1929
Sy hertrou later met Botha en bly in Kimberley, 4 kinders by Botha.
(a1b3c2d2e1f4g2) Johannes Jacobus BREDENKAMP * Danielskuil Noord Kaap 4.4.1920
x Irene Johannesburg, Dirktina Susanna VAN DER WESTHUIZEN
* 24.4.1928 Pretoria Eugene Marais Hospitaal 3.4.1997
dv Gert Christiaan van der Westhuizen en Gesina Wilhelmina van Zyl
(a1b3c2d2e1f4g2h2) Jan Christiaan BREDENKAMP * Boksburg/Benoni Hospitaal 10.2.1954
Magsnr. 70286695
x Nederduitsche Hervorde Kerk Benoni Tom Jones Straat 11.2.1978 Martha Louisa STRYDOM * Vereeniging 5.10.1954
dv Johannes Matthys Strydom
* Hartebeesfontein distik Vereeniging 9.9.1929
Woning Nelsonia Meyerton 20.4.1993 en Martha Louisa Henning
* Vereeniging 27.9.1930
Marthie is n medewerker en navorser van hierdie Bredenkamp stamboom.
(a1b3c2d2e1f4g2h2i1) Hannes BREDENKAMP * Springs hospital 21.7.1975
Pretoria Erasmia 16.9.1995 in n motor ongeluk, Ongetroud.
(a1b3c2d2e1f4g2h1i1j1) Jacqueline CHRISTIE * Pretoria 19.4.1996
gebore nadat haar vader gesterf het in n motor ongeluk.
Hy was onbewus van haar geboorte.
dv Schaal Christie van Rooiwal plotte Pertoria
(a1b3c2d2e1f4g2h2i2) Martin BREDENKAMP * Glen Klieniek Benoni 25.2.1979
(a1b3c2d2e1f4g2h2i3) Jani BREDENKAMP * Glen Klieniek Benoni 3.8.1980
(Ongelukkig kan ek nie vir enige tikfoute en verkeerde vertolkings van ander persone rekenskap gee nie - sover moontlik, het ek foute reggestel.
Navorsing hou nooit op nie en ek hoop in die toekoms om die nodige inligting te ontvang vir aanpassings en moontlike regstellings van enige foute
Saamgestel deur Marthie Bredenkamp 2.7.2003.